By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Dawie Roodt Weer Praat Oor die Huisaanval en die Toestand van Suid-Afrika

Geliefde ekonoom en anker aanbieder van Ontbytsake is in Julie 2015 in sy woning deur drie boewe aangeval. Die boewe het agter die muur van sy landgoedwoning geskuil en sy dogter onvewags betrap. Die aanvallers was met ‘n panga, vuurwapen en mes bewapen.  Hulle het haar daarop in die woning ingelei waar hulle Dawie, sy vrou en dogter vasgemaak en geblindoek het voordat hulle die woning vir selfone en waardevolle items wat maklik gedra kan word deursoek het. Die tweeling was ook in die woning aangehou.

Die intreding van beurtkrag het die boewe woelerig begin maak en Dawie het besef dat hy iets sou moes doen want die ouens het baie dreigend geraak en het selfs gedreig om die tweeling te vra waar die geld is. Hy het daarop aan die boewe gesê dat sy beursie in sy motor is en dat hy saam met hulle sal gaan om dit te gaan haal. Hy het aan die een boef gesê dat hy die afstandbeheer en sleutels moet saambring. Buite gekom het die boef gepoog om die motorhuis met die afstandbeheer oop te maak maar dit sou nie werk nie omdat daar nie krag was nie.

Dawie Roodt het aan sy familie gedink en ‘n oordeelsbesluit gemaak om sy familie te beskerm.Terwyl die skobbejak besig met die toestel was het Dawie sy hande losgewikkel en toe die skurk wegdraai het Dawie hom oorval en geslaan. Die skurk was egter met ‘n mes bewapen en het Dawie se bo-arm spier tydens die skermutseling afgesny. Dawie het na agter gestuier en teen die lamppaal gestamp.

Die aanvaller het daarop paniekbevange geraak en vir sy makkers geskree. Hy en sy makkers het op vlug geslaan. Dawie het dadelik nadat hy die aanvaller agterna gesit het maar nie kon vind nie sy vrou en dogter geroep. Hy het vir sy bure geskree en almal was dadelik daar om te help soek na die skobbejakke en om die familie te hulp te staan. Die rowers het egter ontstnap en Dawie se dogter het hom hospitaal toe geneem.

Hy het ‘n operasie ondergaan vir die herstel van sy arm. Dawie het ook ‘n kopwond opgedoen maar dit het herstel. Die Ontbytsake span was almal erg geskok om van die voorval te verneem. Dawie Roodt is iemand wat diep in die harte van medewerkers gewortel is en almal was baie verlig dat niemand in die gesin ernstig beseer is nie.

Dawie het ‘n besluit geneem dat hy nie sal toelaat dat dit met sy gesin gebeur nie. Hy sê dat hy nie ‘n held is nie, maar ‘n besluit moes neem. Uit die voorval het hy besef dat ons land ten gronde gaan en dat ons iets daaromtrent moet doen. Volgens Roodt moet alle staatsamptenare se werknemers bedank en daarna mag ons slegs aanstellings op meriete maak. Tweedens moet ons ‘n opleidingstelsel in hierdie land instel sodat mense opgelei kan word en ons hulle kan gebruik en derdens mag daar nie wetgewing in Suid-Afrika wees wat werkskepping verhoed nie.

Die aanval op Dawie Roodt te midde van ‘n gesogte landgoed in die Ooste van Pretoria maak mens net weer bewus van die vlak van misdaad in Suid-Afrika en die belangrikheid om as Suid-Afrikaners misdaad te bekamp. Jy kan Dawie se gesprek oor die voorval op die Ontbytsake Facebookblad sien.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site