By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Landbou Bemarkingsgeleentheid in Suid-Afrika

By Ontbytsake besef ons hoe belangrik landbou in Suid-Afrika is. Ons weet ook dat ‘n groot aantal Ontbytsake kykers en webtuiste gebruikers boere is. Dit is daarom dat ons seker maak dat genoegsame inligting in hierdie sektor beskikbaar gestel word.

Ons bied ‘n baie gemaklike platvorm vir die bekendstelling van landbou-verwante produkte en dienste aan. Hier kan jy wenke verkry, meer leer oor skoue en ook die nodige besighede of produkte relevant tot jou boerdery vind. Jy hoef nie in jou motor te klim om dorp of stad toe te ry nie. Gebruik die gidse of skakel een van die besighede wat hier adverteer direk vir kwotasies en aflewerings. Jou tyd is kosbaar en ons help jou om die beste daarvan te maak.

Natuurlik word jy ook uitgenooi om jou landbou gerigte of verwante besigheid by Ontbytsake te lys. Jy kan jou produkte of dienste op die webtuiste bekendstel, in een van ons gidse of dit nasionaal op televisie blootstelling bied. Jy hoef nie te bekommer nie. Ons het ‘n goed-opgeleide filmproduksiespan om die verfilming, redigering en klankbaan te behartig. Nasionale blootstelling is nodig om jou produk of dienste voor die regte mark te bring.

Ons gidse is ewe waardevol. Omdat die gidse gratis afklaaibaar is en uitgedruk kan word spaar ons gebruikers geld en tyd. Die gidse het lang raklewens en met boere wat nie altyd tyd het om eers aanlyn te gaan om inligting te vind nie, maak dit net sin dat hierdie gidse al die nodige besighede lys en aflyn dan ook beskikbaar is.

Enkele van die besighede wat onder ons Landbou-afdeling lys word kortliks hieronder bekend gestel.

Senter 360

Senter 360 vervaardig kwaliteit spilpunte wat vir moderne boerdery geskik is. Die vervaardiger is reeds vanaf 1994 bekend vir hulle groot verskeidenheid, fokus op kliënte-diens en presiese toerusting wat vir besproeiing benodig word.

OVK

Bekend ook as Oos Vrystaat Kaap Bedryf, is dit ‘n instansie wat sedert 1993 ‘n een-stop landboudiens met 51 takke bied om finansiering, versekering, landbouprodukte, kundigheid, bemarking, skeerdienste, abattoir en brandstofdienste aan lede en kliënte in die landboubedryf te verskaf.

SA Boerboktelersvereniging

Suid-Afrikaanse telers het die SA Boerbok ontwikkeling vervolmaak. Die Boerboktelersvereniging se hoofdoel is om vleis aan die informele markte te bied. Dienste sluit onder meer kursusse, skoue, veilings en inspeksies in.

Mooihoek Boerdery

Aarbeie is gesog op die gesondheidsmarkte waar dit bekend staan vir anti-verouderingseienskappe, kankerbevegtingskwaliteite en natuurlik ook hulp met gewigsbeheer. Mooihoek Boerdery verskaf gedroogde, bevrore en vars aarbeie 12 maande van die jaar. Die plaas is in die Gamtoosvallei geleë en bekend vir hoë kwaliteit aarbeie. Hulle kan vir groot en kleinmaat bestellings gekontak word.

Spekboomboerdery

Spekboomberg Boerdery is naby Cradock geleë en is al vir geslagte ‘n vooraanstaande merino stoetboerdery in die Karoo. Die Jordaans weet van kwaliteit en hulle ken die skaapbedryf. Met van die beste teëldiere het die plaas ‘n reputasie as ‘n leier op die merino gebied ontwikkel Kyk uit vir die Spekboomberg Boerdery skape op veilings as jy wil seker maak dat jy goeie gehalte diere koop.

Kom lys jou besigheid onder ons landbou afdeling en gee dit die blootstelling wat dit verdien.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site