By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hoe Besighede in Suid-Afrika Bemarkingsblootstelling Kan Verkry

Besighede in Suid-Afrika vind ontstaglik baat by die blootstelling wat hulle deur Ontbytsake verkry. As jy daarin belangstel om jou dienste aan die lesers van ons webtuiste of die Ontbytsake-kykers bekend te stel nooi ons jou uit om ons te kontak aangaande tariewe. Lees so bietjie meer oor die voordele wat advertering by Ontbytsake vir jou inhou.

Ontbytsake Program

Ontbytsake is ‘n kykNET program op DStv kanaal 144, aangebied deur Dawie Roodt en Eloise Cupido. Die program dek aktuele sake, inligting oor onderwerpe wat strek vanaf ekonomie tot landbou, sportnuus, belangrike gebeure en besighede in Suid-Afrika. Ontbytsake is vir senior en jong kykers en die aanbiedingstyl is gemaklik. Dit is die program om elke Saterdagoggend met ‘n herhaling op Sondagoggend te kyk as jy wil weet waar feeste is, bietjie meer aangaande motors, plante, eetplekke en resepte wil leer of sommer net ‘n algehele oorsig van Suid-Afrikaanse leefstyle, ontspanning en meer te wete wil kom.

Jan Harm Schutte dek weekliks sport, weer en landbounuus, terwyl Renette Vosloo kos insetsels behartig, Dawie Roodt finansiële sake bespreek en ons ook onderhoude met ateljee gaste voer. Sakefokus is die hart van Ontbytsake en daardeur bied ons ‘n kykie na besighede in Suid-Afrika. Ons reis deur die land om kykers meer van die ondernemings in Suid-Afrika te wys. Maak nie saak in watter dorp jou onderneming geleë is nie, jy kan ook blootstelling op nasionale vlak verkry.

Ons doen alles vir jou. Jy hoef nie eers ‘n bemarkingsvideo te maak nie. Ons goed-opgeleide en baie ervare span behartig vanaf die draaiboekskrywe tot die verfilming en redigering, stemopnames en die klankbaan.  Hierdie diens is maklik bekombaar en baie bekostigbaar vir uitstekende bemarking en blootstelling.

Ontbystake is so effektief omdat ons die pretfaktor ingedagte hou wanneer ons besighede bekendstel. Die lugtye is 7:30 tot 9:00 op Saterdagoggende, met herhaling dieselfde tyd op Sondagoggende en Sakefokus uitsendings op Dinsdae en Donderdae 12:00-13:00.

Webtuiste

Ons webwerf is propvol bruikbare inligting. Ons deel graag gidse oor landbou, troues, kosmaak, sport of enige tipe onderwerp. Hierdie gidse is gratis beskikbaar en kan afgelaai word. Die lesers kan dit uitdruk en die nodige inligting byderhand hou sodat hulle nie telkens nodig het om aanlyn te gaan ten einde inligting in die spesifieke industrie te vind nie.

Besighede word onder ons Sakefokus en gidse gelys. Die gidse is besonders waardevol omdat elke gids op ‘n spesifieke onderwerpsgebied fokus en buiten die besighede se besonderhede ook waardevolle wenke bevat. Dit help om die gebruikersgidse lang leeftyd te besorg.

Gee jou besigheid die bemarkingsblootstelling wat dit benodig. Kontak ons by Ontbytsake om op ons webwerf te lys, in ‘n spesifieke gids of deel te word van die televisieprogram.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site