By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Beste en Maklike Resepte vir Alledaagse en Unieke Geregte

As jy van lekker kook hou en dit geniet om gereeld nuwe disse te bedien dan is ons ‘Maak ‘n Hap’ afdeling net vir jou. Buiten die televisie aanbieding gee ons jou die geleentheid om die resep van die week af te laai en daarmee saam ook al die vorige resepte vir 2015 en 2014.

Van hieraf vorentoe sal jy nooit weer nodig hê om rond te vroetel in ou resepte boeke of die Internet te raadpleeg vir kook inspirasie nie. Of jy nou na ‘n smaaklike hoofgereg vir die feestyd of ‘n nagereg wat nie ekstra vetjies om die heupe gaan plaas nie soek, ons het die resepte wat jy benodig en dit is gratis aflaaibaar. Jy kan dit op jou rekenaar hou of vir vinnige en maklike toegang uitdruk.

Een so smaaklike resep is die bieffilet met eiervrug – Masoeka. Smullekker en ‘n aantreklike dis, is hierdie vleisgereg reg vir enige aansitete. Jy benodig 800 gram bieffilet, olyfolie, 20 ml fyn kaneel, 5 ml neutmuskaat, so 2 of 3 eiervrugte, 250 ml room, vars lemmetjies, sout en growwe swart peper. Dit is alles bestanddele wat maklik bekombaar of reeds in jou kombuiskaste is.

Smeer die biefstuk met sout en fyn kaneel waarna jy dan die olyfolie ook aanwend. Bruin die biefstuk tot donkerbruin en plaas dan in die oond teen 160 grade Celsius. Nou wend jou aandag tot die eiervrugskywe wat jy in die olyfolie  braai tot dit aan beide kante goudkleurig vertoon. Sprinkel die neutmuskaat en so bietjie kaneel oor. Laastens voeg jy die room by en laat dit gou opborrel voor jy die plaat afskakel.

Haal die bieffilet uit die oond en sny dit op in skywe in die pan. Laat dit vir 120 sekondes staan en druk so bietjie vars lemmetjie sap daaroor uit. Doen die opdiening met die vleis in lae afgewissel met eiervrug en rond af met roomsous.  Sulke en baie ander maklike en gesonde geregte kan in ons gidse en by die nuutste resep van die week gesien word.

Ons borge kry ook goeie blootstelling soos Dewfresh room en Willow Creek olyfolie. Kry al jou resepte by een plek en verminder die tyd wat jy nodig het om vir idees te soek. Onthou om ook Saterdae by Ontbytsake in te skakel of Sondagoggende vir herhalings van die Saterdaguitsendings.  Om die die resep te lees en om ‘n demonstrasie te sien is twee verskillende goed. Daardie ekstra wenke wat mens nodig het om bobaasgeregte voor te berei word dikwels net op die ‘Maak ‘n Hap’ program gedeel.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site