By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Oorsig van die Soorte Akkommodasie in Suid-Afrika

Toeriste het ‘n wye keuse van akkommodasie in Suid-Afrika wat strek vanaf 5-ster weelderige en internasionale vlak hotelle in die hoofstede van die land tot baie unieke hotelle en Bosveldstyl landgoed akkommodasie. Akkommodasie in Suid-Afrika Vanaf munisipale tot privaat kampeergeriewe en selfsorgeenhede, asook luukse woonstelle is beskikbaar.

Baie van die middelvlak en die luukse hotel akkommodasie in Suid-Afrika is in die groot stede te vinde en word deur groot hotelgroepe besit. Dit is egter die kleiner en meer unieke hotelle wat die Suid-Afrikaners trek. As mense wat van verskeidenheid hou en dit verkies om ‘n meer persoonlike diens te ontvang, wil die Suid-Afrikaanse toeriste nie soos nommers voel nie. Die groter hotelle bied wel baie geriewe aan, maar dit blyk dat die Suid-Afrikaners altyd hunker na ‘n meer huislike atmosfeer sonder om luuksheid te moet prysgee en dit is waarom die boetiek hotelle so gewild is, veral in die plattelandse en kusdorpies waarheen stedelinge vir wegbreeknaweke en vakansies gaan.

Sogenaamde ‘lodge’ akkommodasie is vinnig besig om baie gewild te word. Hierdie soort akkommodasie was eens net gewild met oorsese toeriste, maar Suid-Afrikaners voel tuis in die omgewing van hout of klipvloere, grasdakke en pragtige natuurskoon. Dit is hierdie soort akkommodasie wat hoofsaaklik in wildtuine en nou ook privaat natuurreservate beskikbaar is. Toeriste kan verwag om so effens meer te betaal juis omdat die ‘lodges’ gewoonlik nie groot aantal besoekers op ‘n slag inneem nie. Dit gaan oor die natuurskoon, rustigheid en die ware Afrika gevoel.

Bed en ontbyt akkommodasie is baie gewild vir oornag verblyf, veral wanneer die toeriste op reis na hulle bestemmings is. Hierdie akkommodasie is ook baie geskik vir besigheidsreisigers en vir mense wat so bietjie meer gemak soek, maar dan ook darem netheid en styl wil beleef. Gesinne gaan egter gewoonlik vir die selfsorgeenhede wat dit net makliker maak met klein kinders wat graag rondhardloop en tieners wat tot laat wil kuier. Selfsorgeenhede het ook die voordeel van baie privaatheid en die gerief om te kan kom en gaan soos mens wil.

Gastehuise is redelik nuut in die land maar is vinnig besig om amper soos klein hotelle te word. Die gastehuise bied al die geriewe van die gewone luukse woning maar het ook so bietjie van ‘n hotel karakter. Hierdie soort akkommodasie is veral gewild met besigheidsreisigers, ouer gaste en egpare wat die luukse in die lewe geniet.

Die kampeerterreine in Suid-Afrika wissel van baie luukse vooraf-opgeslaande tente op hout wat gewoonlik in widreservate te vinde is tot die karavaan staanplekke in terreine met verskeie ontspanningsgeriewe. Hier ook het ons verdere onderskeid tussen die bos soort kamp staanplekke wat dikwels nie kragpunte het nie en gewoonlik deur 4x4 entoesiaste benut word tot die vol kragstaanpunte vir groot karavane vir mense wat die buitelewe wil geniet, maar nie sonder hulle geriewe wil wees nie.

Ontbytsake maak dit moontlik om alle soorte akkommodasie in Suid-Afrika aanlyn te vind en in ‘n gerieflike formaat vir maklike uitdruk af te laai.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site