By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Nuuswaardighede oor die Vername Ekonoom Dawie Roodt

Dawie Roodt, ankeraanbieder van Sakefokus by Ontbytsake en bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, word dikwels vir sy opinie oor die ekonomie, vooruitsigte en moontlike finansiële oplossings genader. So het Dawie ook in Julie 2015 in die media oor die moontlike negatiewe invloed van ‘n rentekoers verhoging gepraat.

Die Reserwe Bank het in Julie 2015 die rentekoers met 25 punte verhoog. Saam met dit ook kom hoër rente op verbandafbetalings, voertuig finansiering en kredietkaartbetalings – alles invloede wat die verbruiker negatief raak. Volgens sy kommentaar aan die media sal die verbruikers wat reeds swaar onder skuld gebuk gaan nog meer blootgestel wees omdat die Rand ook nog verswak. Die verswakte Rand beteken hoër invoerpryse wat dan ook die verbruiker op die ou einde raak.

Dit is sulke en in-diepte insig wat Dawie ook gewoonlik met kykers van Sakefokus deel. Sy jarelange ervaring in die ekonomie, agtergrond as redakteur van ‘n baie bekende Suid-Afrikaanse finansiële tydskrif, sy kwalifikasies en hoëvlak posisies verskaf die nodige kredietwaardigheid aan sy stellings. Daarmee saam het hy ‘n verbasende vermoë om baie akkurate voorspellings oor die ekonomie te maak. Hetsy hy oor fiskale beleid, buitelandse sake invloed op Suid-Afrika of aftrede beplanning praat, mense luister as Dawie Roodt oor die ekonomie gesels.

Hy het egter diep in die hart van sy mede aanbieders en Ontbytsake kykers ingekruip weens sy persoonlikheid. Bekend vir sy skerp sin vir humor, altyd vriendelike karakter en die vermoë om enige iemand op sy gemak te laat voel, is  Dawie een van die gewildste aanbieders op Afrikaanse televisie kanale.

Dawie was egter ook in 2015 in die gebede van Suid-Afrikaners na hy en sy gesin by hul landgoedwoning aangeval en deur boewe in aanhouding gehou was. Gelukkig het hy koelkop gebly en toe die geleentheid hom voordoen het hy een van die aanvallers oorrompel. ‘n Geveg het gevolg en Dawie is in die proses ernstig beseer. Sy aanvaller het egter die hasepad gevat en die bure is ontbied. Die skelms het daarin geslaag om te ontsnap. Dawie is na die hospitaal gejaag waar hy in kritieke toestand was. Daar was gevrees dat hy nie die volle gebruik van sy arm sou kon terug kry nie.

Met genade, goeie sorg en volgehoue moed het Dawie Roodt egter herstel en weer sy rol as ankeraanbieder begin volstaan. Hy het ook opslae gemaak toe hy ‘n ope brief in die sosiale media oor die aanval en die redes waarom hy in Suid-Afrika sal bly gedeel het. Die brief is nog op die Ontbytsake Facebook blad te siene.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site