By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Alles vir jou Motor – ’n Gids vir Welkom in die Vrystaat

Dit is nie altyd maklik om ‘n diensteverskaffer op te spoor as jy nie toegang tot die Internet het nie. Jou motor kan op enige plek onklaar raak en dan sal dit handig wees as jy ‘n gids byderhand het om ‘n betroubare motorhawe, insleepdiens of battery sentrum te kan opspoor.

Dieselfde geld vir die verkryging van versekering vir jou motor of miskien is jy opsoek na ‘n paneelklopper. Dalk benodig jy die naam van ‘n diensteverskaffer wat jou motor se voorruit kan vervang nadat dit deur ‘n klippie getref is terwyl jy op pad see toe is.

Hierdie en nog vele ander dienste kan maklik op die Ontbytsake webtuiste opgespoor word. Ons bied ook gratis aflaaibare motor gidse aan wat uitgedruk en byderhand gehou kan word vir wanneer jy die inligting benodig. Sekerlik onnodig om te sê maar as diensteverskaffer is dit dus voordelig om in hierdie motor gidse te adverteer. Ons het ‘n groot aantal lesers wat vir enige diensteverskaffer langtermyn blootstelling sal verseker.

Enkele van die diensteverskaffers wat jou kan help met die herstel van jou motor en wat in die gids vir Welkom verskyn word hieronder bekend gestel.

Supa Quick in Welkom

Dié diensteverskaffer het ‘n uitstekende rekord van hoë gehalte dienslewering. Met ‘ondervinding van meer as 17 jaar in die bedryf, het die Welkom Supa Quick reeds bewys dat hulle ‘n standvastige en betroubare maatskappy is. Hulle bied ‘n wye verskeidenheid produkte en dienste aan wat insluit:

  • Verkoop en vervanging van motorbande
  • Verstel van bande
  • Skokbrekers
  • Batterye
  • Balansering
  • Wielsporing
  • Remme

Hulle personeel is goed opgelei en is deskundiges rakende bande en die dienste wat aangebied word. Met ‘n baie goeie naverkoopdiens, goeie sekuriteit en vriendelike benadering het die Supa Quick reeds verskeie toekennings in die Noord-Kaap en Sentraal Vrystaat ontvang.

Eagle Towing

As jy opsoek is na ‘n vinnige en baie betroubare insleepdiens in Welkom is Eagle Towing die antwoord. Hulle het in 1997 hulle deure vir die eerste keer oopgemaak en sleep sedertdien omtrent enige soort voertuig in, hetsy swaar of ligte voertuie. Hulle verskaf die diens teen ‘n bekostigbare prys hetsy dit vir die insleep van voertuie is wat in ‘n ongeluk betrokke was of vir motors wat onklaar geraak het. Eagle Towing is ook bekend vir hulle vervoerdienste aangaande swaar plaastoerusting, trekkers en grondverskuiwingsvoertuie.

Welkom Roadworthy Centre

Die Welkom padvaardigheidstoetsdiens sentrum het ‘n A-gradering as toetsstasie. As jy ‘n motor in Welkom koop en dit wil oorsit op jou naam is dit die plek om te besoek. Die sentrum toets en verklaar voertuie padwaardig volgens toetsing wat aan die SABS standaard voldoen. Bykomende dienste wat gelewer word sluit die maak van nommerplate en Mikro-dots installering in wat die polisie kan gebruik om die voertuig te identifiseer as dit gesteel en die enjin vervang is.

Ultra Motors

Ook in Welkom geleë is Ultra Motors die handelaar om te besoek sou jy ‘n nuwe motor wil aanskaf. Hulle besit ’n goed toegeruste werkswinkel, wat die motorhandelaar verskeie hersteldienste aanbied. Die handelaar het altyd ‘n voorraad van goeie gehalte onderdele so daar is nie die risiko van moet wag vir parte wanneer jou motor onklaar raak nie.

Maak gerus van die aanlynse gids gebruik om die kontakbesonderhede van handelaars wat in motors en verwante produkte spesialiseer op te spoor.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site