By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Asemrowende Reis en Akkommodasie Roetes van Mpumalanga

Suid-Afrika is ‘n beeldskone land en elke provinsie het sy eie bekoringe. So ook is Mpumalanga ‘n reisiger se droom wêreld met byna 80 000 vierkante kilometers van heuwels, kranse, riviere en moerasse. Die Mpumalanga Toeriste Raad het die provinsie vir die doeleindes van toerisme in sewe streke opgedeel met spesiale aangeduide roetes wat die besoeker die geleentheid bied om die beste waarde vir tyd te verkry. Akkommodasie is volop langs die roetes wat dit nog maklkiker vir reisigers maak om besonderse vakansies in die mooi provinsie te beleef.

Die Ontbytsake gidse vir reis en akkommodasie soos by die webtuiste beskikaar is propvol akkommodasie plekke hetsy jy opsoek is na familie-vriendelike self-sorgeenhede, luukse gastehuis verblyf, kampeerplekke of hotel akkommodasie. Net om jou in die bui vir lekker rondreis te kry bied ons ‘n inleiding aangaan die roetes hieronder.

Panorama Roete

Dit is een van die mooiste selfry roetes in die land en neem die reisiger na die hooglande of die noord-oostelike gedeelte van die Drakensbergreeks. Hier kan jy verwag om spitskoppe, reuse kranse wat soms verbasend aan groot drake herinner en aswemrowende uitsigte oor valleie te ervaar.

Hoogland Roete

Die roete neem jou na die hoër dele van die eskarpment tussen die Kulturele Hartland en die Panorama Roete. Dit sluit dorpe soos Lydenburg, Machadodorp en Dullstroom in. Forelvisvang in silwerskoon strome, bergklim en sommer net rustig kuier kan deel van die reisplan wees.

Kulturele Hartland

Die streek het geen tekort aan goeie en besonderse akkommodasie nie en dit laat jou toe om so wyle langer te vertoef. Dit is die streek om te besoek as jy van die plaaslik handgemaakte goedere wil koop, meer oor die kleurvolle Ndbele kuns wil leer of met die verkillende kulture in aanraking wil kom. Vanaf Waterval en Twoline tot Matibidi val binne die streek.

Wilde Roete

Dit is die roete om te volg as jy ‘n liefhebber van historiese gebeure is. Plekke soos Kaapmuiden met sy wilde perde, Barberton met sy goud geskiedenis, Badplaas met ‘n warmwaterbron en familiepretpark asook Komatipoort naby die Kruger Nasionale Wildtuin vorm deel van die roete.

Laeveld Legogote

Dit bestaan uit die administratiewe dorpe van die Laeveld met Nelspruit as die hoofstad en naby geleë Witrivier as ‘n kleiner maar tog pragtige buurdorpie. Dit is die wêreld van piesangs, lemoene, mangos, avokados en nog sommer baie smullekker vrugte.

Grasvlaktes en Moerasse

Die roete neem jou langs die grense van Swaziland, Vrystaat en KZN verby. Dit is ‘n historiese roete wat jou op ‘n ontdekkingstog na vergete dorpies en rustigheid neem.

Kosmosland

Die gedeelte is te vinde aan die suidwestelike kant van Mpumalanga teen die Vrystaat en Gautengse grense. Dit beslaan dorpe soos Standerton, Delmas, Leandra en Greylingstad. Dit staan as die energiebelt van die provinsie bekend. Vlaktes deurtrek met pienk en wit kosmosblommetjies is kenmerkend van die streek. Jy kan ook mielielande, baie beeste en perde langs die paaie gewaar.

Ongeag na watter deel van die provinsie jy reis, jy sal maklik deur een van ons gidse  bekostigbare en pragtige verblyfplekke kan opspoor.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site