By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Wenke vir Droogte Beplanning

Droogte en lae reënval is niks nuuts aan die boere in Suid-Afrika nie. Die landbou sektor word egter direk deur droogte toestande geraak, hetsy dit kleinskaalse of groot kommersiële boere is. Die onlangse droogte in groot dele van die land het die landbou aktiwiteite ernstig geraak. Ons deel hieronder enkele wenke vir kleinskaalse boere om deur sulke droogte toestande kop bo water te kan hou.

Praat Daaroor

Moenie gevoelens opkrop nie. Praat oor jou gevoelens eerder as om van familie en bure af te skei. Werk saam met ander kleinboere om lewende hawe te voer, groentes nat te lei en na mekaar om te sien.

Algemene Droogte Wenke

Beplan vir droogte tye deur na jou waterverbruik te kyk. Hoe effektief is die besproeïng? Kan jy dalk beter natlei met druppunte as spilbesproeing? Vergelyk die effektiwiteit en water ekonomie van verskillende besproeingsmetodes wat vir kleinskaalse boerdery aangewend word. Belê dan stelselmatig in nuwe sisteme indien nodig sodat jy gereed sal wees om minder water in droogte toestande te gebruik.

Hou Goed Rekord van die Weiding en Voeding

Baie kleinboere maak die fout van net skat wat in hulle skure is en wat op die veld staan. Bestudeer jou veld en indien nodig vekry deskundige hulp om die huidige drakrag van die veld te bepaal. Waar nodig verminder jou lewende hawe om te voorkom dat die gebied oorbewei word. Jy kan ook voerkampe maak as jy ekstra geld byderhand het. Sit nou reeds geld weg vir voeraankope en hou die weervoorspellings dop vir aanduidings van langdurige droogtes. Koop die voer aan die begin van die droogte aan voor die pryse te veel verhoog.

Oorweeg Verskeidenheid

Kommersiële grootskaalse boerdery fokus gewoonlik op een tot twee gewasse of lewende hawe. As kleinskaalse boer het jy dalk nie die spasie om net op een gewas te fokus nie. Daarom kan diversifikasie van jou boerdery help om deur lang droogtes te kom. Selfs as kommersiële boer kan jy baat deur alternatiewe te ondersoek om by jou boerdery te voeg. Ondersoek geleenthede soos gasteplaas aktiwiteite wat jy kan aanbied wat nie aan seisoen of reënval gebonde is nie. Jy kan byvoorbeeld kampe reël. Oorweeg om ‘n droogte bestande gewas ook te plant wat vir jou ekstra inkomste kan gee.

As jy erg deur die droogte aangeraak word bespreek die finansiële en voerhulp benodig vroeg in die droogte en waar nodig verkoop iets om die kontant vir voer  te verkry as jy nie ‘n lening kan bekom nie. Beskerm jou diere deur skadunette teen hitte. Ons landbougidse is aanlyn beskikbaar en jy sal daarin adverteerders vir landbou-verwante dienste en produkte kan vind.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site