By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Besoek die Bekende Wynroetes van Suid-Afrika

As jy sommer baie van die wyn van Suid-Afrika wil leer stel ons voor jy laai een van ons gratis webgidse af en loer Saterdae of Sondae in by Ontbytsake waar ons lekker oor kos, wyn, motors, besighede, reis en nog meer gesels. Vir nou bied ons ‘n vlugtige blik na enkele van die wynroetes wat jy beslis by jou reisplan moet sit.

Tulbagh Wynroete

Ryk Tulbagh se naam word vandag nog genoem en met goeie rede. Wynmake soos soos Theuniskraal en Saronsberg het hulle tuiste op die Tulbagh wynroete slegs ‘n halwe oggend se ry vanaf Kaapstad.

Wellington Wynroete

Van die keur wyne van Suid-Afrika is te vinde op die roete wat ook bekend is vir die beste leweringsukses van wingerstokke in die land. Meer as 24 van die beste wyn handelsmerke is op die roete te vinde.

Stellenbosch Wynroete

Geen wyngids sal volledig wees as die wynplase rondom Stellenbosch nie ingesluit is nie. As die oudste wynroete in die land en ook die koning van wynroetes in Suid-Afrika bied ‘n rit langs die roete keurgehalte grappa, vonkelwyn, wit en rooi wyne asook brandewyn aanklopgeleenthede. Vername wyn name soos Simonsig en Spier, asook Vergelegen en Kanonkop vorm deel van die wynroete.

Swartland Wynroete

Die Swartland is ‘n gewilde toeriste streek weens die keurgraad shiraz, viognier en chenin blanc kultivars wat hier groei. Natuurlik is dit ook die hartland van smaaklike kosse en lekkerbly plekkies wat jou hart onmiddelik sal bekoor. Die streek is sowat een uur vanaf Kaapstad te kar en die moeite werd om te besoek vir die ongewone natuurskoon en wye reeks van wyne.

Worcester Wynroete

Min plekke in die land is so mooi soos die Worcester streek wanneer die wingerstokke groen op die land staan. Die pad tussen Villiersdorp en Worcester verander in ‘n keurspel in die wynseisoen met ‘n groot verskeidenheid wat tesame met heelwat olyfsoorte aangebied word.

Weskus Wynroete

Die Weskus is nie net vir visvang, oop strande, en asemrowende natuurprag bekend nie.  Met meers as 14 van die bekende wynprodusente op die roete te vinde is dit tyd om jou motor te pak vir ‘n vakansie langs die Weskus. Die roete sluit die bekende Klawer kelder, Bellpost en ook Fryer’s Cove produsente in. As jy opsoek is na hartlikheid, keur wyne en wegbreekgeleenthede dan mag jy nie ‘n vakansie in die streek misloop nie.

Robertson Wynroete

Eerder ‘n vallei as wynroete het die streek bekendheid vir sy wynfeeste verwerf. As jy lekker wil gesels, nuwe mense wil ontmoet en ook van die beste wyne in die land wil proe dan is die vallei die plek vir jou.

Klein-Karoo Wynroete

Wie sou nou kon dink dat die droë streek in die Klein-Karoo een van die gewilde wynroetes van Suid-Afrika huisves? Tog die streek wat oor die 300 km versprei is vanaf Montagu bekend vir smaaklike gedroogte vrugte tot by Hermanus aan die buitewyk van Kaapstad bied ‘n keurspel van wyne aan. Muskadel plaas Montagu op die kaart en as jy ‘n port liefhebber is mag jy nie Calitzdorp misry nie. Natuurlik is Suid-Afrika ook bekend vir sy brandewyn en Barrydale is die dorp om van die beste brandewyne te proe naas ‘n hele paar tong-tintelende wyne.

Walker Bay Wynroete

Wat ‘n wonderwêreld van smaaklike disse en wyne  van Suid-Afrika wag vir jou op die Walker Bay wynroete! Die streek sowat twee uur van rustige ry vanaf Kaapstad is bekend vir unieke wyne en sluit name soos Strandveld en Hermanus Wines in.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site