By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Wil Jy ‘n Besigheid in Suid-Afrika Begin of Koop?

Baie Suid-Afrikaners droom daarvan om hulle eie besigheid oop te maak. Met geld in die hand en ‘n droom om na te volg is realiteit soms wreed. Dit kos baie om ‘n besigheid te begin en dan moet jy ook nog deur die aanvanklike groeistadium gaan. Dit neem ook ‘n tydjie om die mark te penetreer en ‘n getroue klante basis op te bou. As sulks wonder mens of dit dalk beter is om een van die bestaande besighede in Suid-Afrika te koop.

Die voordeel van ‘n besigheid self te begin is dat elke idee joune is. Die leerkurwe is egter hoog en met die hoë risiko van misluk altyd in die agtergrond kan dit nogal senutergend wees. Die voordeel van ‘n bestaande besigheid oorneem is dat jy reeds verskaffers, ‘n besigheidsnaam en bestaande klante het om mee te werk. Die nadeel is dat daar dalk heelwat foute aan die besigheid is om te herstel en dan natuurlik werk jy met iemand anders se idee en joune moet daarin pas.

Volg die wenke hieronder om jou risikos te verminder:

  • Besluit of die bestuur van ‘n besigheid in lyn is met jou eie doelwitte, drome, persoonlikheid, ervaring en jou vaardighede.
  • Besluit watter soort besigheid jou drome en doelwitte ondersteun en ook by jou vaardighede en persoonlikheid pas.
  • Doen navorsing oor die soort besigheid en hier moet jy nie afskeep nie. Jy moet alles van die soort onderneming weet voordat jy een begin of koop. Dit sluit die makro ekonomiese omgewing, algemene patrone, vooruitsigte en risikos van die soort onderneming in.
  • Bepaal hoeveel kapitaal jy beskikbaar het en vergelyk dit met die koste om so besigheid oop te maak en vir een jaar te bestuur.
  • Vergelyk die kostes en risikos van self die besigheid op die been te bring met die koste van so soort besigheid te koop. Jy kan deur die aanlynse bronne gaan waar besighede te koop aangebied word om die inligting aangaande algemene markpryse te bekom.
  • Sou jy besluit om een te koop,  moenie dat jou emosies die besluit vir jou neem nie.
  • Bestudeer die finansiële state, besoek die besigheid self en werk saam met jou boekhouer en regsverteenwoordiger asook die makelaar om die besigheid te evalueer. Jy sal nut daarin vind om iemand wat reeds so besigheid besit in ‘n ander dorp te nader vir hulp in die evaluering van die besigheid.
  • Verkry beleggers of doen aansoek om ‘n lening indien jy meer kapitaal benodig. Onthou kontantvloei probleme is een van die hoofoorsake vir besigheidmislukkings. Hou egter ingedagte dat die terugbetaling van die lening rente behels en dink goed daaroor na of die besigheid die nodige inkomste kan genereer om ‘n lening te regverdig.

Dit is belangrik om die ware rede vir die verkoop van die besigheid te verkry. Die eienaar sal gewoonlik iets sê soos ‘ander belange’ maar jy wil weet of dit swak bestuur was wat die groei van die besigheid belemmer het, of die eienaar net wil aftree ens. Ongeag of jy self ‘n besigheid in Suid-Afrika oopmaak of een oorkoop win regsadvies en finansiële kundigheid in sodat jy slaggate kan vermy.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site