By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Reisgidswenke vir ‘n 4x4-Safarivakansie in Suid-Afrika

Die son trek water en jy is gereed om jou 4x4-vakansie in die Kalahari aan te pak. Al wat jy kortkom is ‘n reisplan en dit is hier waar jy baie bly is omdat jy ‘n reisgids van Ontbytsake se webtuiste afgelaai het. Met verskeie kampeerplekke, bed- en ontbytverblyf en “lodges” wat in die reisgids adverteer, kan jy die beste bestemmings en verblyf op jou roete nagaan en plek bespreek, wetende dat die adverteerders ook Ontbytsake-ondersteuners is en hoëgehalte dienste lewer.

Nou is dit nog net vir die pak. Maak ‘n lys van voertuigonderdele en toerusting om saam te neem. Doen dieselfde vir noodhulp, kosvoorraad, klere en reisplanne. Hier is enkele wenke om jou te help met jou voorbereiding:

  • Moet nooit alleen op afgeleë plekke reis nie. Reis in ‘n konvooi van twee or meer voertuie sodat hulp altyd byderhand is in die geval van ‘n voertuig wat onklaar raak, ‘n ongeluk, misdaad, besering of hulp indien jy sou verdwaal.
  • Maak seker dat ten minste twee groepe mense tuis weet waarheen jy gaan, watter roetes jy gaan volg en wanneer jy beplan om weer tuis te wees.
  • Neem ten minste die basiese gereedskap en toerustig saam. Hoewel jy nie beplan om in die middel van die bos gestrand te wees nie, is dit iets wat wel kan gebeur.
  • Slaap slegs oor by erkende “lodges” en verblyfverskaffers.

Basiese benodigdhede wat jy altyd in die voertuig moet hê vir so ‘n reis:

  • Volledige noodhulpstel.
  • Water, kos en die nodige medikasie.
  • Flits en ekstra batterye.
  • Basiese voertuiggereedskap.
  • Spaarwiel en een van die moderne selfopblaasstelle vir 4x4-bande.
  • Toerusting om ‘n wiel om te ruil.
  • Sleeptou.
  • Spaarsleutel vir die voertuig.
  • Selfoon met ekstra battery of “power bank”.
  • Brandblusser.
  • Battery-laaikabels.

Wat die noodhulp en oorlewingstel moet insluit

  • Brandkombers.
  • Verbande en pleisters.
  • Antiseptiese room.
  • Selfplakpleister.
  • Plastiese sakkies.
  • Mediese alkohol vir ontsmetting.
  • Kombers.
  • Koue kompres.
  • Handseep.
  • Weggooibare mediese handskoene.
  • Skêr.
  • Gaasrol.
  • Knipper en knyptangetjie.
  • Weggooi-reënjas.
  • Warmpak.
  • Spierjel.
  • Muskiet- en insekafweerder.
  • Brandwondroom.
  • Allergiemedikasie.
  • Maagkrampmedikasie.
  • Hoofpynpille.
  • Koorsmedikasie.
  • Sonskerm.

Maak seker jy pak ook:

  • Dik industriële handskoene.
  • Veiligheidsbril.
  • Noodweerkaatser.
  • Aanstekers.
  • Noodseine.
  • Donkerbril.
  • Hoed.
  • Sonskerm.
  • Graaf.
  • Hamer.
  • Pen en notaboek.

Dit is ‘n avontuurreis en daarom is dit ‘n goeie idee om die nodige kaarte ook saam te neem. Moenie op jou selfoon staatmaak vir rigting hulp vanaf die Internet nie. Daar is baie plekke met geen opvangs en jou selfoon se battery kan pap raak. Neem ook ‘n ekstra GPS saam. En onthou – jy kan ons reisgidse aflaai om byderhand te hou.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site