By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Jan Harm as die Aanbieder van Ontbytsake se Weervoorspelling

Ontbytsake se weervoorspelling is ietwat anders as net ‘n daaglikse kykie na moontlike son, reën, wind en wat ookal ‘n mens gewoonlik na afloop van die nuus op die kassie sien. Dit word deur Jan Harm Schutte aangebied en hy is ook die aanbieder van die landbou- en sportnuus. Jan Harm het aan die Randse Afrikaanse Universiteit gestudeer en sy B.Sc. daar voltooi. Hy was deel van die Suid-Afrikaanse Brouwery-span, waar sy werk was om die maatskappy se handelsmerk te bevorder. Hy verwys nog ligweg daarna as die tydjie toe hy betaal was om bier te drink.


Die oorgang na die kassie het taamlik vinnig gebeur. Jan het by M-Net aansoek gedoen vir pos en het spoedig die rol as vryskutredigeerder van SuperSport geword. Van daar maak hy op ‘n dag ‘n draai by die oudisie-ateljee van Ontbytsake om die weervoorspelling aan te bied. Dit moes sy stralende persoonlikheid en oorspronklike aanbiedingstyl gewees het wat hom die rol besorg het en vandag nog lig hy Ontbytsake-kykers in aangaande komende donderstorms, moontlike droogtes, langverwagte reën en nog meer.


Sy kenmerkend sin vir humor is wat sy aanbieding van die sport- en landbounuus so opwindend maak. Natuurlik is Jan nie ‘n eiland nie en is daar ‘n liefdevolle gesin aan sy sy as hy nie met aanbiedingswerk besig is nie. As Jan nie werk nie spandeer hy tyd saam met sy vrou Kim en hulle pragtige dogtertjies. Hulle hou van die natuur en hou gereeld in die bos en die Drakensberge vakansie. As jy Jan mooi vra sal hy ook vir jou in sy betowerende basstem sing as hy nie besig is om ‘n paar balle op die gholfbaan rond te slaan nie.


Wat Ontbytsake se weervoorspelling betref, kan jy ook op ons webtuiste inloer vir opdaterings. As daar nou een ding is wat vir ‘n boer van belang is dan is dit die weer. Dit is ewe belangrik vir sportliefhebbers, want ‘n mens moet darem weet of die krieketwedstryd waarna jy so uitgesien het om te kyk dalk gaan uitreën of nie, en of jy jou piekniekmandjie kan pak vir die uitstappie na die viswaters volgende week.


Op ‘n meer saaklike noot – die winter is op sy einde en alhoewel daar voorspelling is van droogte hier en daar, is die vooruitsig vir reën goed. Die vroeë reëns van verlede September was deur ‘n kwaai droogte gevolg en die Vrystaatse boere hou verwikkelinge fyn dop om te sien of dit hierdie jaar anders gaan wees. Daarvoor is ons weervoorspelling by die webtuiste en op die kassie natuurlik van groot waarde.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site