By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Weeklikse Resepte en Slim Kookwenke – Alles by Ontbytsake

Met smullekker weeklikse resepte onder ons “Maak ‘n Hap”-afdeling, het jy rede om altyd lekker te kook. Jy kan die weeklikse resepte aanlyn besigtig of dit na jou rekenaar aflaai. As jy sommer ‘n hele jaar se resepte byderhand wil hou, laai gerus die resepgidse af.
 

Hetsy jy reeds ‘n bobaaskok is of bloot inspirasie soek om disse voor te berei en nog te leer, skuif gerus Saterdag- of Sondagoggende voor die kassie in om te sien hoe die disse voorberei word. Gelukkig hoef jy nie notas te maak nie, want al die inligting is op ons tuisblad beskikbaar. Jy sal ook die kookwenke baie geniet en hier is solank enkeles om jou te help as jy nog nuut in die kombuis is.


Gebruik ‘n plat oppervlak vir die breek van ‘n eier en nie die kant van ‘n bak of koppie soos ons almal geleer is nie. Dit help om die moontlikheid van stukkies eierdoppe in die dis te voorkom. Sodoende vermy jy ook die moontlike besmetting van die voedsel.


Moenie mors nie – die laaste bietjie konfyt in die blik kan nog gebruik word. Al wat jy moet doen is om gelyke hoeveelhede olie en asyn in die blik te gooi en dit dan goed te skud. Daarna voeg jy die sout en peper na smaak by en siedaar: jy het ‘n lekker asyn of slaaisousie!


Jy kan beetblare en wortels se blare ook eet. Aangesien die groen blare ietwat aan die bitter kant is, sal jy dit eers in ‘n bak yswater vir ‘n uur of wat wil los sodat die bitterheid kan verminder. Enige groen blaargroente wat bitter smaak (selfs mosterdblare) kan op hierdie wyse smaakliker gemaak word. As jy vind dat jou gekruide dis so ‘n bietjie vaal smaak, voeg suurlemoen eerder as nog sout by. Die sitrus smaak is soms al wat nodig is om ‘n dis so bietjie op te kikker.


Het jy ekstra stukkies pizza oor en wil jy seker maak dat dit die volgende dag nog smaaklik sal wees? Kruie en speserye is die antwoord. Maak of gebruik ‘n gekoopte warm rissiesous en gooi dit oor die pizza; dit sal help om die pizza langer lekker en vars te hou.


Moenie eierdoppe weggooi nie, veral nie as dit van vrylopende plaashoenders kom nie. Was die doppe goed uit en kook dit vir so drie minute. Laat dit afkoel en plaas dit op ’n rak in die son om droog te word. Maal die doppe fyn en gebruik dit in die groentetuin vir ekstra minerale in die grond. Jy kan dit selfs fynmaal by jou troeteldiere se kos om ekstra kalsium en minerale by hulle dieet te voeg. Eierdoppe bevat tot 27 minerale en kan ook as deel van tuisgemaakte velprodukte gebruik word; andersins kan jy van die fyngemaakte doppe in jou oggendsappie gooi saam met piesang en ander vrugte of groente vir ‘n gesondheidsdrankie.


Voorkom groot bak blapse deur eenvoudig ‘n toets koekie te bak voordat jy ‘n hele plaat koekies bak. Op hierdie manier kan jy die baktyd aanpas om seker te maak dat die res van die koekies nie brand of te min gebak is nie.


Laastens, moenie vergeet om jou weeklikse resepte hier by Ontbytsake af te laai nie.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site