By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Staan ’n Kans om te Wen en Leer Meer van die Talent in Suid-Afrika

As jy ’n gereelde Ontbytsake-kyker is, dan weet jy reeds van ons talle kompetisies wat elke maand gehou word. Jy weet ook hoe maklik dit is om iets soos ’n vakansie, blyplek, T-hemp, of selfs ’n nuwe CD te wen. Al wat jy moet doen is om altyd vir die Ontbytsake kompetisies in te skryf.


Wat is die Nuutste?


Loer elke week by die kompetisie-afdeling van ons webtuiste in om die nuutste pryse en geleenthede te sien of skuif voor die kassie in op Saterdag- of Sondagoggende in – wie weet, dalk is jy die volgende wenner!


Sanger-bekendstelling


’n CD van Juan Boucher is een van die onlangse pryse, maar kom ons gesels oor Juan! 

Hy is nou reeds ’n bekende Afrikaanse sanger, maar sy droom het nie oornag ’n werklikheid geword nie. Juan is in Vereeniging in die middel-tagtigs gebore. Wat hy nie sou kon raai nie is dat sy lewe nog voor sy 21ste verjaardag ’n onherroeplike verandering sou ondergaan. Hy en die liefde van sy lewe, Nadia Potgieter, was in ’n ernstige motorongeluk en Nadia se beserings was sodanig dat sy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is waar sy in ’n koma verval het.


Nadia was bewus van sy teenwoordigheid en het in ’n stadium sy hand gedruk en gehuil. Juan kon haar net vir kort tydjies sien en wou vir haar iets gee wat haar sou ondersteun wanneer hy nie daar was nie. Hy het toe ’n ghitaar en notaboekie aangeskaf en ghitaar begin speel. Later het hy vir haar ’n liedjie geskryf. Hy het vir haar die liedjie “Keep Fighting” as inspirasie gespeel. Haar beserings was egter baie ernstig en sy is drie weke later oorlede.


Juan het musiek gebruik om die pyn van dit wat hy en Nadia deurgemaak het en sy verlies te verwerk. Hy het dit ook begin gebruik om ander te bemoedig en te inspireer. Hy het sy debuutalbum “082...” op 25-jarige ouderdom vrygestel. Jy behoort “Bring die Water” reeds te gehoor het en as jy nie het nie, des te meer rede om Juan se musiek aan te skaf. Dit was ’n groot treffer. Ander treffers soos “Pamela” en “Botterbekkie” is ook deel van die “082...”- album. Hy het ook ’n tweede album genaamd “Jy is my flavour” vrygestel waarvoor hy ook ’n musiektoekenning vir een van die treffers op die album vorm ontvang het. Die derde album het die lig in 2013 gesien, waarvan die meeste liedjies self geskryf het.


Juan het vir ’n tydperk ná Nadia se dood hom van die wêreld afgesonder en toegewy aan liedjies skryf en musiek maak. Hy het uiteindelik weer deel van die samelewing geword en musiek was toe sy stokperdjie. Hy sou nooit kon dink dat sy droom om ’n CD vry te stel ooit bewaarheid sou word nie. Tog, danksy Marius Botha wat hom een aand hoor speel en toe die fondse vir die eerste vrystelling voorsien het, kon hy die musiek in sy hart met luisteraars regoor Suid-Afrika begin deel.


Jy het nou ’n kans om een van sy albums te wen en al sou jy die geleentheid misgeloop het, kan jy altyd vir ander kompetisies by Ontbytsake inskryf. Loer elke week in om seker te maak jy loop nie ’n geleentheid om iets te wen mis nie.

 

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site