By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Suid-Afrikaanse Landboudienste en Produkverskaffers Waarop Jy Kan Staatmaak

Wil jy meer oor landbou in Suid-Afrika weet? Loer dan elke Saterdag- of Sondagoggend by Ontbytsake op kykNET in vir so ’n bietjie sakenuus, sportnuus, aktuele onderwerpe, resepte, die weervoorspelling, sport, lekker kos maak en landbousake. Jy sal ook elke week ’n nuwe ateljeegas ontmoet, en moenie vergeet van ons reisgids nie! Maar wat as jy iets in die landbousektor benodig? Dan kan jy ook hier op ons webtuiste loer vir adverteerders van landbouverwante produkte en dienste in Suid-Afrika. Hieronder is enkele van die adverteerders en hulle dienste of produkte.

Hinterland

As jy in die Klerksdorp-omgewing woon kan jy by Hinterland inloer. Dit is ’n verbruikersgoederewinkel wat goed toegerus en propvol bruikbare landbou- en verbruikersgoedere is. Ingewikkelde landbouprobleme benodig skeppende oplossings en as jy voor so ’n probleem te staan kom weet jy waar jy die produkte kan kry om die probleem op te los – Hinterland. Die groep is ook goed verteenwoordig in al die provinsies deur 63 takke waar kundige raad beskikbaar is. Landbou-, huis- en tuinbouprodukte en buitelewebenodighede en -dienste is by hierdie winkels te vinde.

Indruk Santa Gertrudis

As jy opsoek is na goeie vleis stoetbeeste dan is Indruk Santa Gertrudis jou antwoord. Die kudde bestaan uit van die beste beeste wat deur middel van uiterste kundigheid en prestasietoetsing bestuur word. Die genepoel word uit tien van die land se top-telerkuddes ontwikkel en jy sal die vooraanstaande stoetplaas te Nylstroom vind.

Merino Konsortium

Wil jy graag jou Merinokudde aanvul? Of wil jy dalk met Merinoskape begin boer? Klop by die Merino Konsortium vir raad aan. Hulle is gefokus op die verbetering van die Merino-tipe en om deel te word van die Konsortium is die begin van suksesvolle boer met topgehalte skape. Die skape het ’n dubbele doel – wol en vleis. Die kernwoord hier is topgehalte.

Oelofse Trekkers

Van skaap na masjien. Oelofse Trekkers se geskiedenis strek terug na 1933 en dus het die handelsnaam ’n lang geskiedenis en goeie rekord. Persoonlike diens en gehalte trekkers is sinoniem met die Oelofse Trekkers naam. Goeie produkte tesame met goeie pryse is redes waarom boere van die Welkom-omgewing graag hulle Kubota en Deutz-Fahr trekkers by Oelofse Trekkers koop. Hulle verskaf ook vurkhysers, kragopwekkers en opleiding.

RSA Grain Storage Solutions

Heilbron is bekend as een van die sterk landboustreke in Suid-Afrika veral as dit by graanverbouing kom. Die maatskappy lewer ’n belangrike diens in die omgewing asook in streke soos Lydenburg en Brandfort. Produkte wissel van graan-bunkers tot awegare, staalstore en graandamme, asook lapagordyne, sinkdamme, trokseile en nog meer. Hulle is aan te beveel vir hulle bekostigbare en goeie gehalte landbouverwante produkte in Suid-Afrika.

SA Organic Farming

SA Organic Farming is in die Delmas-omgewing geleë en verskaf organies-ontwikkelde gewasse landwyd. Die produkte sluit van potgrond to grasbedekking en kompos in. Hulle het unieke produkte wat “groen” en vry van chemikalieë en onkruid is.

Daar is nog tientalle ander verskaffers van produkte wat jy onder ons landbouafdeling kan opspoor. Natuurlik is jy ook welkom om by Ontbytsake te adverteer en so jou dienste en produkte koste effektief landwyd bekend te stel.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site