By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Waarom op TV Adverteer?

Televisie is nasionaal en met die vermoë om Afrikaanse kykers teen ’n bekostigbare bedrag regoor die land te bereik, maak dit sin om op televisie te adverteer. Adverteer op TV deur die sake- en vermaaklikheidsprogram Ontbytsake wat op die Afrikaanse kyker in die ouderdomsgroep 35-plus gemik is. Met die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekende kykers het jy reeds ’n goeie teikenmark.

Jy weet die kyker is daarop gefokus om meer oor die weer, landbousake, resepte, kultuur, reisgeleenthede en besighede van Suid-Afrika te leer. Met ’n weeklikse fokus op ’n spesifieke streek soos Nelspruit en omliggende dorpe, Mosselbaai en Hartenbos, Cullinan, Parys en meer, kry jy die geleentheid om die betrokke week jou besigheid bekend te stel.

Ons span van projekbestuurders hanteer alles van die draaiboek skryf tot die video-opnames en fokuspunte. Dit is dus meer as a gewone televisieadvertensie waarin jy poog om binne tien sekondes die kyker se aandag te trek en gou jou boodskap oor te dra. Met ons benadering word jou besigheid ten volle bekend gestel en bereik jy mense in jou omgewing en in jou teikenmark met ’n inligtingbelaaide en deelbare bekendstelling.

Wat is Ontbytsake?

Dit is ‘n lekker-gesels, opwindende en informatiewe oggendprogram wat op kykNET uitgesaai word met bekende ekonoom Dawie Roodt as een van ons hoofaanbieders. Dawie het besonderse insig aangaande die politiek en ekonomie van die land en is al ’n huishoudelike naam in die Afrikaanse sakegemeenskap.

Ons kyk ook na die landbou in Suid-Afrika, sportnuus en die weer, wat alles deur Jan Harm Schutte aangebied word. Daarmee saam het ons elke week ’n ateljeegas. Dit is beslis nie ’n ernstige oggendprogram nie. Ons lag saam, deel prettighede en skerts, maar word soms ook so bietjie meer ernstig. Daar is ook die smullekker resepte en kookwenke wat gedeel word.

Ons kykers reis saam met ons deur die land om die pragtige dorpe en reisbestemmings te ontdek en ons voer onderhoude met besigheidseienaars. Adverteer op TV om deel van die opwindende program te wees.

Wat Anders Bied Ons?

Ons webtuiste is propvol gidse wat gebruikers kan aflaai. Hierdie gidse bied inligting aangaande spesifieke sektore soos landbou, toerisme, restaurante en verblyf. Besighede adverteer daarin. As jy byvoorbeeld ’n trourokverskaffer is, sal jy in ons trougids adverteer. Hierdie gidse is gratis beskikbaar.

Bereik meer mense en wees verseker dat jou teikengroep jou boodskap sien. Skakel ons projekbestuurders om uit te vind net hoe bekostigbaar en effektief dit is om op TV by Ontbytsake te adverteer.

Wil jy meer oor landbou in Suid-Afrika weet? Loer dan elke Saterdag- of Sondagoggend by Ontbytsake op kykNET in vir so ’n bietjie sakenuus, sportnuus, aktuele onderwerpe, resepte, die weervoorspelling, sport, lekker kos maak en landbousake. Jy sal ook elke week ’n nuwe ateljeegas ontmoet, en moenie vergeet van ons reisgids nie! Maar wat as jy iets in die landbousektor benodig? Dan kan jy ook hier op ons webtuiste loer vir adverteerders van landbouverwante produkte en dienste in Suid-Afrika. Hieronder is enkele van die adverteerders en hulle dienste of produkte.

Hinterland

As jy in die Klerksdorp-omgewing woon kan jy by Hinterland inloer. Dit is ’n verbruikersgoederewinkel wat goed toegerus en propvol bruikbare landbou- en verbruikersgoedere is. Ingewikkelde landbouprobleme benodig skeppende oplossings en as jy voor so ’n probleem te staan kom weet jy waar jy die produkte kan kry om die probleem op te los – Hinterland. Die groep is ook goed verteenwoordig in al die provinsies deur 63 takke waar kundige raad beskikbaar is. Landbou-, huis- en tuinbouprodukte en buitelewebenodighede en -dienste is by hierdie winkels te vinde.

Indruk Santa Gertrudis

As jy opsoek is na goeie vleis stoetbeeste dan is Indruk Santa Gertrudis jou antwoord. Die kudde bestaan uit van die beste beeste wat deur middel van uiterste kundigheid en prestasietoetsing bestuur word. Die genepoel word uit tien van die land se top-telerkuddes ontwikkel en jy sal die vooraanstaande stoetplaas te Nylstroom vind.

Merino Konsortium

Wil jy graag jou Merinokudde aanvul? Of wil jy dalk met Merinoskape begin boer? Klop by die Merino Konsortium vir raad aan. Hulle is gefokus op die verbetering van die Merino-tipe en om deel te word van die Konsortium is die begin van suksesvolle boer met topgehalte skape. Die skape het ’n dubbele doel – wol en vleis. Die kernwoord hier is topgehalte.

Oelofse Trekkers

Van skaap na masjien. Oelofse Trekkers se geskiedenis strek terug na 1933 en dus het die handelsnaam ’n lang geskiedenis en goeie rekord. Persoonlike diens en gehalte trekkers is sinoniem met die Oelofse Trekkers naam. Goeie produkte tesame met goeie pryse is redes waarom boere van die Welkom-omgewing graag hulle Kubota en Deutz-Fahr trekkers by Oelofse Trekkers koop. Hulle verskaf ook vurkhysers, kragopwekkers en opleiding.

RSA Grain Storage Solutions

Heilbron is bekend as een van die sterk landboustreke in Suid-Afrika veral as dit by graanverbouing kom. Die maatskappy lewer ’n belangrike diens in die omgewing asook in streke soos Lydenburg en Brandfort. Produkte wissel van graan-bunkers tot awegare, staalstore en graandamme, asook lapagordyne, sinkdamme, trokseile en nog meer. Hulle is aan te beveel vir hulle bekostigbare en goeie gehalte landbouverwante produkte in Suid-Afrika.

SA Organic Farming

SA Organic Farming is in die Delmas-omgewing geleë en verskaf organies-ontwikkelde gewasse landwyd. Die produkte sluit van potgrond to grasbedekking en kompos in. Hulle het unieke produkte wat “groen” en vry van chemikalieë en onkruid is.

Daar is nog tientalle ander verskaffers van produkte wat jy onder ons landbouafdeling kan opspoor. Natuurlik is jy ook welkom om by Ontbytsake te adverteer en so jou dienste en produkte koste effektief landwyd bekend te stel.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site