By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Kook en Smul saam met Maak ’n Hap by Ontbytsake

Maak ’n Hap is die deel van die Ontbytsake-aanbieding op kykNET wat jou mond laat water. Lekkerder kykgenot kan jy nie kry nie. En as jy nie tyd het om dadelik die resepte in die kombuis te gaan uittoets nie, kan jy darem uitdrukbare weergawes by ons webtuiste kom aflaai.

Wie is die Aanbieder?

Asof sy bekendstelling nodig het! Renette Vosloo is bekend vir haar heerlike resepte, vinnige wenke vir kosvoorbereiding en haar sprankelende persoonlikheid. Sy deel haar kennis in die moderne “Maak ’n Hap”-kombuis wat deur Miele geborg word. Die geregte word gewoonlik deur met ’n gewilde goeie gehalte wyn vergesel.

Wie is Renette?

Sy het in 2014 aan die kykNET-realiteitsreeks, “Kokkedoor”, deelgeneem en dit is moontlik waar jy haar die eerste keer op die kassie gesien het. Renette het ’n egte buitelewe-kindertyd beleef met ’n gepaardgaande kaalvoet-jeugdigheid. Sy kom oorspronklik van Middelburg in Mpumalanga waar sy later haar eie restaurant begin het. Sy het ook haar toekomstige eggenoot in Middelburg ontmoet en die knoop in 1985 deurgehaak. Die egpaar het ’n sleutelmakery in Middelburg begin maar haar liefde vir smaakliker dinge in die lewe soos heerlike watertanddisse sou later haar dryfkrag word.

Die droom het eintlik al baie vroeg in haar lewe ontstaan toe sy haar ma se kookboek genaamd “Kook met Vertroue” deurgeblaai het. Sy het daaruit vir haar ma ’n ete vir haar verjaarsdag met groot sukses voorberei. Onthaal het deel van haar bloed geword en sy sou later saam met haar geliefde toekomstige eggenoot, Mielie, sommer ’n klomp kookboeke tydens haar universiteitsjare op haar boekwinkelrekening koop. Die egpaar het gelukkig die liefde vir kos en onthaal gedeel en hulle het uiteindelik ’n restourant in Middelburg geopen. Nog later sou sy en haar suster ’n sjarmante klein restourantjie met die naam “Whiskers” open.

Teen 1993 het sy huisrestourante begin. Haar besigheidsvernuf het na vore gekom met ondernemings soos om skoolsale te huur waar sy dan etes voorberei terwyl gaste ook vermaak was deur kunstenaars soos Casper de Vries. Renette het selfs haar huis saam met ’n vriendin vir ’n paar dae lank in ’n restourant omskep. As daar dus iemand met goeie kookervaring en vindingrykheid is dan is dit Renette Vosloo van “Maak ’n Hap”.

Vandag hoef jy nie uitgesluit te voel omdat jy nie by haar huis kan aansit vir een van haar feesmaaltye nie. Jy kan sommer in die gemak van jou eie huis kosmaakwenke, resepte en lekker gesels geniet deur net na ons “Maak ’n Hap”-program te kyk. Moenie vergeet van al die resepte met kleurvolle foto’s en maklike instruksies wat jy op ons webtuiste kan aflaai nie.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site