By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Adverteer Jou Besigheid op TV en Bereik Sodoende Meer Mense

Die Internet het reklame baie verander. ’n Groot aantal mense doen nou soektogte aanlyn om die dienste of produkte wat hul benodig te kry. En dit is ’n baie goeie medium om mense mee te bereik. Bemarking gaan egter nie net daaroor om een kanaal te gebruik nie. Daar is bemarkingsmetodes wat nie aanlyn is nie, soos advertensies in koerante en tydskrifte, pamflette, plakkate, brosjures, telefoniese kontak en dan ook TV en groot advertensieborde. Om soveel moontlike blootstelling aan die teikenmark te kry, kan jy baat daarby vind om jou besigheid op TV te adverteer.

’n Mens kan vra of TV enigsins nog plek het in die digitale samelewing en die antwoord is ja! As jy in die regte tydgleuf aan die regte groep jou besigheid op TV adverteer met ’n treffende boodskap waarby die kyker aanklank kan vind, werk dit baie goed. Om dit nog meer doeltreffend te maak, kan jy wegbeweeg van die tradisionele advertensie wat tussen programme uitgesaai word. Maak die advertensie deel van ’n program wat ’n groot kykertal het en waarna jou teikengehoor kyk en jy het ’n wenner. Kombineer dit met ’n in-diepte kykie na jou besigheid in ’n programformaat en jy kan ’n baie goeie indruk laat. As jy ook op dieselfde program se webtuiste adverteer en aflaaibare gidse beskikbaar stel, maak jy wys van twee doeltreffende bemarkingskanale gebruik.

’n Oorsese studie wat deur MarketShare onderneem is, het getoon dat TV vier keer die verkope van digitale media inbring met dieselfde gemiddelde spandering. Hou ook in gedagte dat duisende Suid-Afrikaners elke Saterdagoggend voor die kassie inskuif om Ontbytsake te kyk. Dit bied jou ’n gulde geleentheid om baie mense te bereik as jy jou besigheid op TV adverteer.

Wat is Ontbytsake?

Dit is ’n lekker kuierprogram met verskeie aanbieders en gereelde ateljeegaste. Dit bied goeie vermaak, inligting oor die weer, besprekings oor sport, landbousake, ekonomie, huis en tuin, beplanning van troues, reisbestemmings en besoeke aan streke. Besighede word ook hier bekendgestel.

Hoekom Adverteer?

Adverteer jou besigheid op TV by Ontbytsake. Kykers van die program is grotendeels in die ouderdomsgroep bo 25 jaar, stel belang in aktuele sake, plekke waarheen hulle kan wegbreek vir ’n naweek of vir ’n vakansie, besighede, boerdery, nuus, sport, ekonomiese sake, skoonheidswenke, resepte, trouwenke en onthaal. Ontbytsake het ‘n groot kykertal regoor die land.

Advertering op Ontbytsake verleen ook geloofwaardigheid aan jou boodskap. Die advertensies word uitgesaai gedurende die program en dus is jy seker dat die kykers voor die TV is wanneer jou boodskap op die lug verskyn. Die kykers is dus reeds positief terwyl hulle leer van jou besigheid. Bou vertroue met advertensies op Ontbytsake en bereik dan ook die aanlyngemeenskap deur op ons webtuiste se gidse te adverteer.

Jy hoef geen video-opnames, klankbane en selfs die skryf van die boodskap te doen of selfs te verstaan nie. ’n Span kundiges werk saam met jou om seker te maak dat die video en advertensie uit die boonste rakke is en die kyker se aandag sal hou. En dit is bekostigbaar.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site