By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Luukse en Lekkerbly-Vakansieverblyf in Suid-Afrika

Wat is die lewe nou sonder ’n lekker Suid-Afrikaanse vakansie saam met jou gesin? Of jy nou daarvan hou om so bietjie in die Kalahari te kampeer, dit verkies om in luukse vakansieverblyf elders in Suid-Afrika tuis te gaan of eerder die privaatheid van ’n selfsorgeenheid aan die Weskus wil geniet, ons maak dit vir jou maklik om plekkies te vind wat jou sal bekoor.

Die beste verskaffers van vakansieverblyf in Suid-Afrika adverteer op ons webtuiste onder die “Reis en Verblyf”-afdeling. Ons loer gou na enkele van die plekke waar jy gemaklike, luukse, netjiese en sakpas vakansieverblyf in Suid-Afrika kan kry om jou ’n aanduiding te gee van wat beskikbaar is.

Klein-Kariba – ATKV Oord

Menige inwoners van Pretoria stroom naweke na hierdie unieke ATKV Oord naby Bella-Bella en om goeie rede. Met 179 prag-eenhede wat tenthuise, berghuise, woonstelle en kamers insluit, bied dié lekker familie-vakansieoord ’n rustige omgewing om van die stadsgewoel ontslae te raak. Dit is bekostigbaar en daar is verskeie aktiwiteite om die hele gesin besig te hou. Ontspanningsgeriewe sluit onder meer warmwaterswembaddens, ’n kouewaterswembad en ’n restaurant in. Dit is eg Suid-Afrikaanse vakansieverblyf op sy beste.

Bundu Lodge

Geleë tussen Nelspruit en Witrivier bied hierdie wildsherberg ’n asemrowende uitsig oor die Laeveld. Bundu Lodge word dikwels die oase van die Laeveld genoem, juis omdat dit so ’n pragtige omgewing vir ’n vakansie bied. As jy by die herberg tuisgaan, kan jy gerief, persoonlike diens en uiters smaaklike disse verwag. Daarmee saam bied die herberg vakansieverblyf in Suid-Afrika teen billike pryse. Daar word voorsiening gemaak vir families, enkellopendes, paartjies en groepe. Die beste manier om Bundu Lodge te beskryf is om te sê dis vakansieverblyf uit die boonste rakke.

Fusion Boutique Hotel

As jy in die Polokwane-omgewing na Suid-Afrikaanse vakansieverblyf op soek is, oorweeg gerus ’n naweek of selfs week in hierdie moderne en minimalistiese boetiekhotel wat met besonderse styl spog. Dit is ’n 5-sterhotel wat fokus op die behoeftes van kieskeurige besoekers. Jy sal beslis van die uiters smaakvolle restaurant en die smullekker-disse hou.

Die Fusion Boutique Hotel bied luukse verblyf in 33 kamers. Met sowat 166 personeellede om seker te maak gaste word goed versorg, kan jy verwag om op die hande gedra te word. Inderdaad, die hotel het onlangs die toekenning van World Luxury Hotel verwerf en dit behoort ’n aanduiding te wees van die gehaltediens en sorg wat gebied word.

Hierdie is maar enkele van die adverteerders van vakansieverblyf in Suid-Afrika. Loer gerus onder die “Reis en Verblyf”-afdeling om verblyf in ander streke van die land te vind.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site