By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vind die Besigheid Wat in Jou Produk of Diensbehoeftes Kan Voorsien

Waar beter om besighede in Suid-Afrika te adverteer en te vind as hier by Ontbytsake waar ons nie net weeklikse in-diepte kykies bied aangaande spesifieke streke en besighede in Suid-Afrika nie, maar ook aanlynreklame van dienste wat jy benodig bied? Loer gerus by ons Sakegemeenskap-afdeling in om die soort besigheid in Suid-Afrika waarna jy op soek is te vind onder die volgende afdelings:

  • Algemeen;
  • Reis en verblyf;
  • Huis en tuin;
  • Konsessies;
  • Landbou;
  • Motorbedryf;
  • Onderrig en opleiding;
  • Spesiale geleenthede;
  • Skoonheid, gesondheid en kleinspan;
  • Restaurante en wynplase; en
  • Webgidse.
  • Jy kan jou webgids van keuse aflaai om die besonderse industrie se besighede in Suid-Afrika byderhand te hê en ook heelwat wenke wat handig te pas kan kom. Ons bespreek kortliks enkele van die adverteerders om jou ’n idee te gee van watter soort besighede jy in die algemene afdeling kan vind.

    Airlink

    Die privaat-lugredery is bied vlugte van en na meer as 36 bestemmings in nege Afrikalande aan. Met direkte vlugte tussen Pretoria en Kaapstad, bied Airlink Pretoriase sakemense en reisigers die gerief van ’n lugdiens op hul voorstoep. Die lugredery bied daaglikse vlugte van Pretoria se Wonderboom Nasionale Lughawe en het ook vlugte oor naweke. Met die stiller omgewing van Wonderboom neem dit minder as tien minute om jou bagasie te kry.

    Bela Mall

    As jy inkopies wil doen in ’n veilige en netjiese omgewing, is die Bela Mall jou antwoord. Dit is geleë op die R101 baie naby aan die N1. Die winkelsentrum huisves bekende kettingwinkels soos Totalsports, Foschini, Jet, Game en Checkers, asook verskeie selfoondiensverskaffers. Met 800 gratis parkeerplekke, het jy boonop die gerief van veilige parkering en kan solank as wat jy wil inkopies doen sonder om aan die parkeermeter te dink.

    CTC Plant

    As jy in die Wes-Kaap woon en op soek is na een van die toonaangewende grondverskuiwingsbesighede in Suid-Afrika, sal jy bly wees oor CTC Plant, wat ook by ons adverteer. Jy kan die maatskappy se kontakbesonderhede onder die “Algemeen”-afdeling vind. Die maatskappy bedryf sake sedert 1992. CTC Plan bied topgehalte grondverskuiwingsmasjinerie te koop en doen ook herstelwerk aan die masjiene regoor die wêreld. Of jy nou slopings-, siviele, konstruksie-, mynbou- of landboumasjinerie benodig, jy sal dit by CTC Plant vind.

    Emmies Verkoeling

    Geleë te Bela-Bela is die vooraanstaande verkoelingsdeskundige en die antwoord op jou chromodeck-paneelbehoeftes. Die maatskappy bestaan reeds sedert 1987 en het al bewys dat hulle stabiel en betroubaar is. Emmies Verkoeling se dienste word landwyd aangebied en, selfs as jy die panele in buurlande benodig, sal jy steeds van hul dienste gebruik kan maak. Hulle produkte en dienste sluit ook die verkoop en herstel van huishoudelike toestelle in, asook die bou van koel- en vrieskamers. Emmies Verkoeling bied topgehalte lugversorgingsprodukte en -dienste.

    George Dierehospitaal

    As jou geliefde troeteldier goeie mediese versorging benodig, sal jy bly wees om te hoor dat die Tuinroete ook ’n goeie dierehospitaal het. George Dierehospitaal bestaan sedert 1991 en bied volledige veeartsenydienste aan. Hetsy jy ’n eksotiese troeteldier, plaasdier, of gewone troeteldier soos ’n kat of hond het, kan jy op die span van die hospitaal staatmaak om jou dier die beste mediese versorging te gee.

    Kom adverteer ook jou besigheid hier by ons of gebruik ons aflaaibare gidse om besighede in Suid-Afrika te vind wat die dienste of produkte bied wat jy benodig.

    Terug na Artikels

    Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
     site