By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Lekker Resepte en Kombuiswenke op Maak ‘n Hap

Die feestyd is om die hoek en waar anders sal jy soveel inspirasie, gratis wenke en lekker resepte kan kry as by Maak ‘n Hap op Ontbytsake? Jy kan ook weekliks hier by ons inloer om van die lekker resepte wat gedeel is te kry. Of jy kan van ons gidse aflaai. Jy hoef dus nooit bang te wees dat jy sonder maklike resepte sal wees om smaaklike disse te maak nie.

As ’n koningklip en salm-Thermidor met botterskorsie nie vir jou smaaklik klink nie, wat dan van garnaal en oesterslaai met kiwivrug en pynappel? Dit is sulke geregte wat jy kan voorsit deur die instruksies van ons lekker resepte te volg. Dis nie al nie, want daar is nog talle ander inspirerende resepte om elke ete ’n meesterstuk te maak.

Maar lekker resepte vir die feesseisoen is nie al waaroor die Maak ’n Hap-program gaan nie. Dit gaan ook oor demonstrasies van hoe om die disse voor te berei en dan ook nog bruikbare wenke vir koskook, soos hieronder gedeel.

1. Skil gemmer met ’n teelepel

Sit die groenteskiller weg wanneer dit by gemmer kom. Jy het net nodig om die teelepel teen die skil te skraap en die skil sal afgly.

2. Vries produkte in plat houers

Hoe platter die verpakking van die kosprodukte is, hoe vinniger sal dit vries en ontvries.

3. Proe die frikkadelmengsel voordat jy dit vorm

Niks kan so frustrerend wees as om al die frikkadelbolletjies klaar te maak en dan te moet uitvind dat die frikadelle nog speserye of sout kort nie. Rol een bolletjie en braai dit in die pan. Toets dit en maak die nodige veranderinge voordat jy ’n hele klomp gaarmaak.

4. Haal eierdoppe maklik uit mengsels

Gebreekte eierdoppe is gewoonlik moeilik om uit mengsels te verwyder, maar as jy ’n ander eierdop gebruik sal jy vind dat dit so maklik is as skep en lig!

Kyk ons Maak ’n Hap-program vir nog wenke en lekker resepte vir elke geleentheid.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site