By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bly op Hoogte van Politiek en Ekonomie in Suid-Afrika met Dawie en Tim

Ontbytsake is die program om te kyk as jy kennis oor enigiets van kos maak tot reis wil opdoen. Dit is ook die program vir jou as jy van Suid-Afrikaanse besighede en streke wil leer, en veral as jy meer oor sake van die dag wil leer. Ons het twee kenners wat oor politiek en ekonomie gesels.

Dawie Roodt

Jy weet jy is in goeie geselskap as jy daarvan hou om na Dawie Roodt, een van ons ankeraanbieders, te luister. Dawie is bekend vir sy kundigheid aangaande ekonomiese en geldsake wat elke Suid-Afrikaners raak. Hy is op die punt af en draai nie doekies om as dit by belangrike sake kom nie. Met sy kundigheid oor die ekonomie deel Roodt insig oor onderwerpe soos Bitcoin. Suid-Afrikaners bespiegel of Bitcoin die rand sal vervang en of dit beter is om in Bitcoin as met gewone geldeenhede betaal te word. Natuurlik het Dawie Roodt die antwoorde, en as jy meer wil leer, moet jy nie Ontbytsake misloop nie.

Noem net sy naam as in ‘n gesprek en jy sal dadelik beïndruk. Dit is omdat Dawie Roodt die ekonomiese redakteur van FinWeek was, ekonoom by die Suid-Afrikaanse Reserwebank en ook redakteur van die Finance Week as deel van sy indrukwekkende loopbaan. Hy is ook die stigter van Efficient Group. Die maatskappy het vandag reeds meer as 400 werknemers. Roodt beskik verder oor ‘n Meestersgraad in Ekonomie, met lof verwerf.

Hy is egter ook ‘n Suid-Afrikaner wat soos baie ander direk deur misdaad geraak is. Dawie Roodt en sy gesin het in 2015 deurgeloop toe hulle deur booswigte in hulle huis op hulle landgoed aangeval is. Dawie het opslae gemaak vir sy dapperheid en die Ontbytsakekykers het sy herstel gevolg. Dawie het egter ‘n boodskap van hoop gehad vir Suid-Afrikaners ná sy ontslag uit die hospitaal en hom uitgespreek oor die belangrikheid om goeie leierskap in Suid-Afrika te ontwikkel.

Tim du Plessis

Nog ‘n kenner wat deel van ons Ontbytsakespan uitmaak is Tim du Plessis. Hy is ons kenner oor politieke gebeure en met die nuutste verwikkelinge in Suid-Afrika, wil jy nie sy praatjies misloop nie. Tim is ook nie iemand wat doekies omdraai nie en met sy joernalistieke agtergrond is hy iemand wat dieper as die oppervlak krap om by die waarheid te kom.

Gedurende Tim se loopbaan was hy onder meer die redakteur van Citizen en Rapport in, sowel as hoof van Media24. Hy beskik oor ‘n BA-Kommunikasiegraad sowel as ‘n Honneursgraad in Joernalistiek.

Skakel in by Ontbytsake as jy ingelig wil bly aangaande nuusgebeure en insig wil verkry oor ekonomiese en politieke sake. Dawie Roodt en Tim du Plessis bespreek die sake wat jou raak.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site