By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vind Bekostigbare en Netjiese Vakansieverblyf in Suid-Afrika

Die aanlynwêreld het die taak om vakansieverblyf in Suid-Afrika te vind baie vergemaklik, maar dit word ongelukkig ook vergesel deur ’n risiko. Met soveel misleidende of valse advertensies en mense wat net wag om jou hardverdiende geld by jou af te vat, moet jy maar versigtig wees. Dit is nie ongewoon om te hoor van mense wat ingedoen is nie. Hulle het dikwels op die geklassifiseerde advertensies op die Internet gereageer en selfs dalk al deposito’s betaal. Toe hulle egter by die sogenaamde vakansieverblyf aankom, vind hulle dat dit alles net ’n klugspel was. Wat ’n tragedie!

Tog gebeur dikwels en die enigste manier om te verseker dat die vakansieverblyf wat jy in Suid-Afrika bespreek die ware Jakob is, is om van betroubare en bekende inligtingsbronne gebruik te maak wanneer jy verblyf soek. Hier by Ontbytsake stel ons gereeld plekkies om oor te bly bekend en ons adverteerders moet registreer. Hulle betaal vir hul advertensies en is self Ontbytsakekykers. Jy kan dus met ’n geruste hart op die advertensies reageer, wetende dat hulle in ons gidse adverteer en, net soos jy ook, nie slagoffers wil word van ongure karakters se misleidende advertensies nie.

Hieronder is enkele van die opsies vir netjiese vakansieverblyf in Suid-Afrika. Maak gerus van ons blad en die gidse gebruik om nog sulke plekke te vind en sodoende te weet dat waar jy ook al bespreek jy die beste gehalte kan verwag.

Diaz Hotel en Oord

Mosselbaai is ’n gewilde vakansiedorp vir Suid-Afrikaners. Met die pragtige omgewing en hope vermaaklikheid is dit ook geen verrassing nie. Diaz Hotel en Oord is op die Diazstrand geleë en reg langs ’n waterpark waar die hele familie kan baljaar. Daar is ook verskeie restaurante in die onmiddellike omgewing en dit is binne kort ryafstand van die Langeberg-winkelsentrum. Die hotel bied vakansieverblyf vir die hele gesin. Daar is 81 kamers om van te kies, met vyf suites en ses selfsorgeenhede. Die kamers bied ’n wonderlike uitsig van die see en die sonsopkoms. Daar is ook ’n binnenshuise verhitte swembad vir die koeler dae en ’n gymnasium om jou te help fiks bly, selfs al is jy met vakansie.

Turnberry Boetiek Hotel

As jy op soek is na boetiek-vakansieverblyf in volstruiswêreld, of net oornagverblyf op pad see toe, bespreek dan plek by die Turnberry Boetiek-hotel in Oudtshoorn. Die hotel is bekend vir sy gasvryheid en natuurlik ook omdat Tertius Bothma een van die eienaars is. Die hotel se naam is gekies ter ere van ’n baie bekende gholfbaan. Turnberry Boetiekhotel beskik oor 22 goed-ingerigte en baie ruim kamers, asook ’n konferensiefasiliteit. Die hotel het ’n intieme karakter en jy kan persoonlike diens van die hoogste gehalte verwag.

Supertubes-gastehuis

Enigiets van hotelle tot vakansieoorde en gastehuise adverteer vakansieverblyf in Suid-Afrika hier op Ontbytsake. Een van die besonderse plekke is Supertubes-gastehuis Die unieke gastehuis in Jeffreysbaai bied gerieflike en luukse verblyf in 22 kamers. Jy sal die asemrowende see-uitsig en die maklike toegang tot die strand waardeer.

Bogenoemde is maar enkele van die vakansieverblyfplekke wat by ons adverteer. Gebruik ons webwerf om nog vele meer te vind.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site