By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Leer Meer Oor Ons Geliefde Aanbieder – Eloise Cupido

As jy nog nie weet wie Eloise Cupido is nie, is dit tyd om by Ontbytsake in te skakel op Saterdagoggende of vir die heruitsending op Sondagoggende. Sy is een van ons gewilde ankeraanbieders, maar Eloise is ook alombekend vir haar veelsydigheid as aktrise, skrywer en sanger.

Min mense in Suid-Afrika kan spog met hierdie soort veelsydigheid. Sy is ook veeltalig. Eloise Cupido het Afrikaans as moedertaal maar is vlot in Engels, Frans en Duits. Daarmee saam spog Cupido met haar deelname aan die musiekvideo-versoekprogram genaamd “Belboks”. Sy is ook bekend vir werk in “Kwêla” en die gewilde “Pasella”.

As jy die dramareeks Jozi H gevolg het, sal jy weet wie Eloise Cupido is. Sy het ook rolle in ander gewilde Suid-Afrikaanse reekse soos Generations en Vetkoekpaleis vertolk. As jy nog nie oortuig is van haar talent nie, dink dan maar net aan haar rolle in It Rained Last Night” en Die Vierde Kabinet. Sy het ook bekendheid verwerf vir Invent Yourself en Athletics Alive.

Haar vermoë om ander tale net so goed as haar moedertaal te kan praat is duidelik in haar internasionale werk, wat twee Duitse films insluit. Sy het in Doomsday, Shark Attack en Hijack Stories rolle vertolk. Maar dit is nie al nie! Eloise Cupido is ’n persoon wat komiese rolle net so goed soos ernstige rolle kan vertolk. Sy het onder meer in Spekskieters en Proesstraat, asook Kompleks 2 gespeel.

Sy is beslis ook nie ’n nuweling wanneer dit by kykNET kom nie. Jy sou haar dalk al as gasaanbieder van Fiesta gesien het of as gas op Bring en Braai. Sy het al as gaskunstenaar in die program Musiek Roulette opgetree. Hoeveel meer redes het mens dan nodig om Ontbytsake te volg as om hierdie veelsydige skrywer, sanger, aanbieder en aktrise te sien?

Een van die hoogtepunte van haar loopbaan was toe sy in 2011 tesame met Jonathan Edwards die 2018 Winter Olimpiese Spele se aankondigingseremonie aangebied het.

Dan is daar ook Eloise Cupido se persoonlike lewe. Haar man is Chris Wilkinson En sy het hom op ’n vliegtuig ontmoet. Hierdie twee mense van twee verskillende lande het toe besluit om te trou. Chris is van Nieu-Seeland en Eloise van die Klein Karoo in Suid-Afrika. En watter pragtige paartjie maak hulle toe nie! Hulle het by ’n Magaliesburgse wildreservaat in die huwelik getree.

As jy graag meer van Eloise Cupido te siene wil kry, loer in by Ontbytsake. Sy is net so ’n talentvolle aanbieder as wat sy ’n skrywer, sanger en aktrise is.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site