By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Maklike Resepte vir Paasnaweek en Ander Feestye

Paasnaweek en ander feestye bied geleenthede om so bietjie met jou kookvaardighede te spog. En die beste manier om dit te doen is om ons maklike resepte af te laai en te volg. Maar wat een persoon dink is maklike resepte kan dalk ingewikkeld wees vir ’n ander. Wees gerus! Wanneer ons van maklike resepte vir Paasnaweek of ander feesgeleenthede praat, verwys ons na resepte wat sonder allerlei ingewikkelde prosedures gevolg kan word. Trouens, soms is die geregte wat die maklikste is om voor te berei die lekkerste van almal.

Hoe klink gerookte tamaties met sampioene, jong spinasie, aspersies en geposjeerde eier vir ontbyt? Dit smaak vorentoe en is ’n fees vir die oog. Tog, so ingewikkeld soos dit klink, so maklik is dit om voor te berei as jy ons maklike resep volg. Wat van ’n geroosterde wildsboud met ’n melkmoutbier-sampioensous vir middagete? Met so ’n dis sal jy beslis jou gaste beïndruk. Hoewel dit ingewikkelder is as die geposjeerde eier, is dit ook een van die geregte waarin ons voorbereiding vergemaklik met ons maklike resepte. Wil jy beïndruk met vewelkomingshappies? Dan is ons heerlike resep vir wildsvleisfrikkadelle met sjokoladebessiesous die antwoord.

Waar kan jy die maklike resepte kry?

Volg elke Saterdagoggend Ontbytsake op kanaal 144 op kykNET. Ons het ook heruitsendings op Sondagoggende. “Maak ’n Hap” is deel van Ontbytsake en gee jou die geleentheid om raad aangaande kosvoorbereiding te verkry, demonstrasies van die resepte te sien en sommer net lekker te lag. Omdat ons weet dat jy nie noodwendig met pen en papier voor die kassie inskuif nie, stel ons die maklike resepte ook hier by ons webtuiste onder die “Maak ‘n Hap” afdeling gratis beskikbaar.

Druk resepte uit vir 2015, 2016, 2017 en ook nou vir 2018. Bou jou eie reseptelêer op en vul dit met ons “Maak ’n Hap”-resepte. Hou dit altyd in die kombuis en as jy enigsins kookinspirasie benodig, hetsy vir Paasnaweek, Kersfees of Nuwejaar, dan is dit byderhand. Koop solank die bestanddele wat nie kan sleg word of wat gou verval nie en hou dit ook in jou yskas en spens vir die disse wat jy hierdie komende maand wil aanpak. Sodoende kan jy ook maaltydbeplanning doen en altyd gereed wees om bobaaskok-resepte te volg.

Renette Vosloo is die aanbieder en sy deel haar eie resepte. Renette het reeds haar eie restaurant bestuur, is bekend vir haar vernuf agter die kospotte en sy weet dat besige mense maklike resepte wil hê en nie tyd vir ingewikkelde prosedures het nie. Daarom dan maak sy dit maklik om smullekker disse voor te berei, of jy nou ’n ervare sjef of groentjie in die kombuis is.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site