By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vind Gehalte Onderrig en Opleiding in Verskeie Velde

Hieronder is enkele van die adverteerders by ons onderrig- en opleidingsafdeling. Jy kan hul kontakbesonderhede op die Sakegemeenskapblad vind.

Insig Opleiding

Hierdie verskaffer van onderrig en opleiding is op die plaas Eerste Geluk by Naboomspruit. Hulle bied basiese, gevorderde en gespesialiseerde vaardigheidskursusse aan. Elke kursus duur ses weke. Insig Opleiding bied onderrig in ketelmakery, lugversorging en verkoeling, sweiswerk, pas- en draaiwerk, elektriese werk en haarkappery en skoonheid aan. Studente woon op die plaas in ’n koshuis gedurende die opleiding. Dit help hulle om vervoer- en verblyf-probleme te oorkom wat gewoonlik gepaardgaan met kort kursusse vêraf instansies.

Future Kids

Vandag se kinders werk met rekenaars in die skool en tuis. Rekenaarvaardigheid is belangrik in die moderne samelewing. By Future Kids kan jou kinders van vroeg af leer hoe om te ontwerp en woordverwerkers te gebruik. Future Kids bied onderrig en opleiding aan jongelinge reg oor die land aan en maak elke les ’n pure plesier.

LFP Training

Die maatskappy is in Randburg geleë en bied onderrig en opleiding aan leerlinge vir BEE-doeleindes. Hulle fasiliteer leerlingskappe en programme wat vir kliënte dit makliker maak om ’n goeie BEE-telling te behaal deur op opleiding van jong werkers te fokus. Die maatskappy bied ’n “simuleerder-model” aan wat kliënte gemoedsrus oor die gehalte van opleiding bied.

Powered Flight

As jy wil leer vlieg, is Powered Flight te Wonderboom Lughawe in Pretoria die onderrig- en opleidingsverskaffer om te nader. Hulle bied ’n verskeidenheid huurvlugte aan, asook helikopter-vliegopleiding. Hulle het die langste ononderbroke rekord van helikopter-vliegopleiding by die lughawe. Dit is ’n Departement van Vervoer en Burgerlugvaartowerheid-gemagtigde verskaffer van wildvang- en wildlteldienste.

Centurion Akademie

Die instansie is die enigste private hoër onderrig- en opleidingsverskaffer in Suid-Afrika wat Elektroniese Ingenieurswese aanbied. Hulle kursusse word oor ’n tydperk van drie jaar aangebied.

Biolink & Study Hub

Die instansie is daarop gefokus om aandagsopleiding deur unieke EEG-tegnologie aan te bied. Die tegnologie is deur hul oorsese vennote ontwikkel. Aandagafleibaarheid het ’n algemene verskynsel in die moderne samelewing geword. Biolink & Study Hub vul die leemtes in studiemetodes wat gebruik kan word om leesvaardigheid en ander leervaardighede te verbeter. Hulle het ook ’n aandagtoets wat in samewerking met NWU ontwikkel is.

Blue Chip Flight School

Hierdie onderrig- en opleidingsinstansie is reeds meer as 21 jaar besig met vliegopleiding in Suid-Afrika. Die skool bied vliegkursusse aan by die Wonderboom Lughawe in Pretoria. Hulle lei kommersiële en privaat vlieëniers op.

Christelike Lektuurfonds

Die CLF in Wellington het as missie die ontwikkeling en verspreiding van Christelike leesstof in verskeie tale. Hul help en moedig kinders aan om die Bybel in hul eie taal te lees en het sedert 2010 reeds meer as 86 000 Bybels in sewe tale versprei. Hulle versprei ook ’n aantal kinderboeke wat Bybelse waardes onderskryf.

Institute of Culinary Arts

Geleë te Stellenbosch is dit die aangewese onderrig- en opleidingverskaffer as jy die beste sjefopleiding wil hê. Die ICA bied wetenskaplik gefundeerde sjefopleiding aan wat op Franse kookbeginsels gebaseer is.

Regent Business School

Die Regent Business School bied ’n wye reeks besigheidskursusse aan. As jy op soek is na ’n instansie wat kursusse met betrekking tot die moderne besigheidsomgewing aanbied, is RGB die antwoord.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site