By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Huis en Tuin Produkte en Dienste op Een Plek

Ons bied jou die geleentheid om verskaffers van huis- en tuinprodukte maklik op te spoor. Nou kan jy al die verskaffers op een blad kry sonder dat jy ure lank rond hoef te snuffel op die Internet. Hieronder is enkele verskaffers om jou ’n wegspringplek te gee en wat jy gerus solank deel kan maak van jou huis- en tuinadresboekie. Die kontakbesonderhede vir elkeen kan op ons Sakegemeenskapblad gevind word.

Universal Plywoods

Universal Plywoods is ’n bekende en gerespekteerde invoerder van hoëgehalte-laaghout. Die maatskappy bied ingenieurs-houtprodukte aan met ’n voorraadhouding van miljoene rande. Of jy nou in KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Gauteng of die Kaap woon, jy kan in grootmaat en vir gewone tuisprojekte laaghout en gelamineerde fineerhout van Universal Plywoods kry.

Suntek Awnings

Die son kan sommer baie gou skade aan jou duur meubels veroorsaak. Die oplossing is om Suntek-hortjies te installeer. Met die verstelbare hortjies kan jy besluit hoeveel son om deur te laat. Sodoende kan jy duur meubels op die stoep hê sonder om bekommerd te wees oor sonskade. In die winter kan jy die afdak oopmaak om genoegsame sonlig deur te laat vir die opwarming van die kuierplek en in die somer maak jy die afdak toe deur e-tegnologie-afstandbeheer, selfs al is jy nie tuis nie.

Stiles

As jy iewers op die Tuinroete woonagtig is en die vloerteëls in jou woning wil vervang, is Stiles die een huis- en tuinprodukverskaffer wat jy moet besoek. Natuurlik kan jy ook die Stiles-winkel in Kaapstad besoek. Stiles bied jou een plek vir eksklusiewe en hoëgehalte-teëls, vuurherde en loodgieter- en sanitêre produkte, asook ’n reeks natuurlike steenprodukte.

Lion Tarps

Geleë in Bronkhorstspruit is Lion Tarps, ’n vooraanstaande en landswye verskaffer van gehalte-seile vir swembaddens, motorbeskerming, skadu-afdakke en nog meer. Die verskaffer voorsien ook seile vir lapas, bote, bakkies, baniere en vragmotors. Hulle verskaf ook seil-kantgordyne. Met ’n baie groot voorraadlys is dit een verskaffer wat in al jou net- en seilbehoeftes kan voorsien. Hulle verhuur ook tafels, stoele en springkastele uit.

Jansen Houtwerke

Nog ’n verskaffer wat deel moet uitmaak van jou huis- en tuinadresboekie is Jan Houtwerke. Die maatskappy funksioneer reeds sedert 1988 en bied gehaltewerk in kombuisuitleg en -ontwerp, tesame met die bou en installasie van kombuiskaste en slaapkamerkasuitleg en -installasie. Die maatskappy het ’n gevorderde werkswinkel met drie CNC-masjiene wat presiesheid verseker.

Cycads Unlimited Kwekery

Wat sal ’n huis en tuin nou wees as jy nie ook ’n verskaffer van Suid-Afrikaanse broodboomspesies het nie? Cycads Unlimited Kwekery is geleë te Kameeldrift-Oos en kweek ’n verskeidenheid plante met ’n reusereeks moederplante. Skakel hul gerus as jy op soek is na broodbome om jou tuin uniek en verwelkomend te maak.

Besoek ons Sakegemeenskapblad vir nog vele meer verskaffers in die huis- en tuinafdeling.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site