By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bemark op Ontbytsake vir die Beste Blootstelling

Baie besighede in Suid-Afrika bemark met groot sukses op Ontbytsake. As jy nog nie daaraan gedink het om ook jou besigheid in die kollig te plaas op Ontbytsake nie, is nou ’n goeie tyd.

Danksy die tegnologiese vooruitgang van die afgelope dekades, is dit nou makliker as ooit om jou besigheid aan ’n groot hoeveelheid mense bekend te stel. Meeste mense in Suid-Afrika het TV’s of kyk gereeld TV. Inderdaad, TV-stelle kan in omtrent elke woning, gastehuis, hotel of restaurant aangetref word.

Die geheim is om op die regte tyd en plek te adverteer. Bemark op Ontbytsake en jy slaan die spyker op sy kop. Ontbytsake het ’n groot hoeveelheid gereelde kykers regoor die land. Dit is almal mense wat die program volg om meer aangaande aktuele sake, sportnuus, landbounuus, besighede, toerisme en Suid-Afrika te leer. Hulle skuif voor die kassie in om Ontbytsake te kyk omdat die program soveel het om te bied. Van ekonomiese nuus tot besprekings oor hoe om geld te spaar op jou versekering en nog meer vorm deel van die kykgenot. Daar is ook die kykers wat graag inskakel om ons Maak ’n Hap-program te volg.

Jy het dus ’n groot afsetgebied waaraan jy kan bemark. Wat dit egter beter maak om op Ontbytsake te bemark is dat dit nie die normale konvensie vir advertensies volg nie. Jou besigheid word bekendgestel op ’n manier wat waarlik die kyker se aandag trek. Die insetsel word voorberei as ’n inleiding van jou besigheid. Jy kry dus kans om vertroue te skep en meer indiepte oor jou besigheid te gesels. Ons het ’n hele span om die insetsel te maak. Hulle doen die opname, klankbaanversorging en die volle produksie daarvan. Jou besigheid se reputasie is dus in goeie hande.

Internet is die ander tegnologie wat dit moontlik maak om jou besigheid op ’n bekostigbare manier te bemark. Meer mense het toegang tot die Internet as wat daar televisie kykers is. Ons het ’n uitstekende advertensiemodel wat dit vir jou maklik maak om jou teikenmark te bereik. Ons blad het afdelings soos onder meer Landbou en Sakegemeenskap. As jy ’n hotel besit, sal jy dit dus in ons reis- en verblyfgids bemark en as dit met landbou te doen het, dan sal jy dit in ons landbougids bemark. Dit is kort advertensies en as die gebruiker meer wil weet, kan hulle die skakel onderaan jou advertensie volg. Dit lei tot ’n bladsy waarin jou besigheid se inligting in meer detail aangebied word.

Bemark op Ontbytsake en gee jou besigheid sodoende op ’n bekostigbare wyse meer blootstelling.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site