By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Leer Meer oor Landbousake en Diensverskaffers op Ontbytsake

Bo en behalwe die gedeelte oor Landbousake, bied die Ontbytsakeprogram, het ons ook ’n Landbousake-afdeling vir adverteerder op ons webtuiste. Adverteerders van produkte en dienste wat verwant is aan landbousake word onder hierdie afdeling gelys. Hetsy jy self produkte of dienste wil adverteer of verskaffers wil opspoor, maak gerus van ons aanlyngidse gebruik.

Bokmakierie Boerdery-trust

As daar nou ’n span is wat landbousake verstaan, is dit Riaan en Mario Strydom. Hulle boerdery het in 1996 met 200 kuikens en tien varke per siklus afgeskop. Die Trust is te Joubertina geleë het sedertdien van krag tot krag gegaan. Vandag verskaf hulle ’n groot hoeveelheid hoenders met geen pekelinspuitings nie. Wat hulle hoendervleis uniek maak is dat dit suiwer hoendervleis is wat teen die korrekte gewig verkoop word. Hulle het ook ’n slaghuis, vervoerdienste en ’n winkel.

Die Cavalier-groep

Die groep se hoofkantoor is in Cullinan en hulle is een van die enigste ten volle geïntegreerde waardekettings in die rooivleisbedryf wêreldwyd. Die Cavalier-voerkraal huisves groot groepe diere wat direk na die abattoirs versend word sodra hulle markgereed is. Die Cavalier-abattoirs is goed toegerus met moderne toerusting vir ontbening en verpakking van vleis vir ’n bekende Suid-Afrikaanse supermarkgroep.

Highgate Volstruis Skouplaas

Die bekende volstruisplaas staan ook sy plek vol onder toonaangewende verskaffers in die Landbousake-afdeling. Die plaas is na ’’n voorstad in Londen vernoem na aanleiding van die oorsprong van die Hooper-familie wat die plaas besit. Die plaas word deur talle mense jaarliks besoek en is ook ’n verskaffer van hoëgehalte-volstruisprodukte soos vere, gekerfde ware en eiers. Besoekers kry die geleentheid om die kuikens in die broeikaste te besigtig en die volstruise te voer. Die plaas spog ook met die bekende Pepper Tree Restaurant, wat baie gewild is vir die smaaklike disse wat daar voorgesit word. As jy in die Klein Karoo is, sal dit die plek wees om te besoek as jy meer van volstruise wil leer en ook sommer lekker wil smul.

Myburgh Toerusting

Nog ’n verskaffer in die Landbousake-afdeling, Myburg Toerusting, is te Ermelo geleë en is ’n vervaardiger van landboutoerusting wat spesifiek gemaak is vir boerderye en weerstoestande in Suid-Afrika. Hierdie familiebesigheid fokus op eenvoudige, doelgemaakte toerusting wat dit makliker maak om plaastake met gemak te voltooi. Weens die feit dat hul self boer, verstaan hulle boerderytoerustingvereistes goed. Die produkte word op die plaas getoets, so jy kan gerus wees dat ontwerpsfoute reeds reggestel teen die tyd dat jy hulle produkte koop.

OVK

Die OVK is ’n vinnig groeiende en reeds goed gevestigde landboumaatskappy wat aan ’n groot groep boereaandeelhouers behoort. Met sy hoofkantoor in Ladybrand en nie minder nie as 52 takke in Suid-Afrika, speel die OVK ’n belangrike rol in landbousake van die Noord- en Oos-Kaap, sowel as die Oos-Vrystaat en Lesotho. Die OVK se dienste sluit in berging, droging en bemarking van graan, hantering van sybokhaar, en bemarking van wol. Hulle het die OVK Meganisasie-agentskappe vir Claas, Challenge, Massey Ferguson en Toyota. Boere kan van die OVK se finansiering en versekeringsdienste gebruik maak.

Loer gerus Saterdagoggende by Ontbytsake in vir landbousakenuus en besoek ons webwerf om dienste en produkverskaffers vir die landbousektor op te spoor.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site