By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Huis- en Tuinprodukverskaffers in Suid-Afrika

Wanneer dit by die huis en tuin kom, kan jy verseker wees dat Suid-Afrikaners lekker kan saamgesels. Ons liefde vir die natuur en passie om iets daarvan in ons eie tuine te kultiveer is duidelik te siene in die asemrowende tuine van ons landgenote. Of dit nou ’n kruietuin, groentetuin, landskapsargitekontwerp of ’n rots- en vetplanttuin is, jy kan verseker wees dat dit met liefde en baie sorg tot stand gekom het. Hier by Ontbytsake verstaan ons hoe na aan die hart pragtuine en mooi huise vir Suid-Afrikaners is. Ons het immers oor eeue heen deeltjies van Afrika in ons eie paradyse omskep. Dit is ook daarom dat ons die Huis- en Tuinafdeling hier op ons webtuiste het.

Dit maak dit maklik om dienste en produkverskaffers vir die huis en tuin op te spoor. Natuurlik maak dit dit ook vir die verskaffers makliker om hul teikenmarkte te bereik. So, of jy nou op soek is na ’n plek waar jy jou dienste en produkte aan die huis- en tuinmark kan bekendstel en of jy op soek is na ’n verskaffer van produkte of dienste, ons maak dit vir jou makliker as ooit. Hieronder is drie van die verskaffers wat in ons Huis- en Tuinafdeling adverteer. Daar is nog vele meer, wat dit eenvoudig maak om die beste verskaffer vir die spesifieke produk of diens benodig sommer vinnig op te kan spoor.

Cemstone

As jy op soek is na goeie gehalte nagemaakte klipprodukte, is Cemstone die antwoord. Hierdie verskaffer bestaan reeds sedert 2004 en het vertoonlokale in die Kaap en Gauteng. Hulle verskaf pragtige nagemaakte klip in agt verskillende kleure teen baie bekostigbare pryse.

Cycads Unlimited

Broodbome voeg waarde by jou tuin. Hierdie besonderse plante is gehard en mors min. As sulks is broodbome altyd ’n aanwins en baie gewild by kranige tuinmakers. Jy kan nou saailinge en moederplante by Cycads Unlimited Kwekery in Kameeldrift-Oos in die noorde van Pretoria koop. Hulle verskaf ’n wye reeks inheemse broodboomspesies en aalwyne teen bekostigbare pryse.

Prinro Boumateriale

Hetsy jy op soek is na hout, sement of draad, jy sal dit alles by Prinro Boumateriale kan vind. Hierdie eenstopwinkel in Vredenburg op die Weskus het ook takke dwarsdeur die Wes-Kaap. Jy kan alles vanaf vensterrame tot dakkappe by hul koop en kan ook van hulle installasiedienste gebruik maak.

Gebruik ons aanlyngids om ’n verskaffer van die produkte en dienste wat jy benodig te vind en as jy self ook in die bedryf is, maak van ons advertensiegeleenthede gebruik.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site