By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Televisiebemarking vir Jou Besigheid Op ‘n Wyse Wat Aandag Trek

Ontbytsake bied bekostigbare en unieke televisiebemarking vir jou besigheid. Die bekostigbaarheidsaspek is dalk een van die grootste redes waarom jy tot dusvêr weggeskram het van televisiebemarking vir jou besigheid. Jy sal dus bly wees om te verneem dat ons besonderse bemarkingsmodel is uiters bekostigbaar en dit maak dit dus moontlik vir groot en klein besighede om goeie nasionale blootstelling te verkry.

Ons televisiebemarking vir jou besigheid neem nie die gewone vorm van ’n advertensieflits nie. Ons weet dat kykers goeie, betroubare en waardevolle inligting waardeer. Ons kykers val in die ouderdomsgroep wat reeds baie van hul doelwitte in die lewe bereik het. Die kykers stel nie belang in kitsoplossings nie. Hulle wil waarde vir hulle geld en tyd kry. Dit is ook dan wat hulle kry wanneer hulle Ontbytsake kyk. Ons bied besigheidsinsetsels en nie flitse nie.

Wat beteken dit? Jou besigheid word as deel van die program bekendgestel. Ons produksiespanne reis dwarsdeur Suid-Afrika om kykgenot op te spoor. Hulle besoek en stel dorpe en besighede bekend. Die produksiespanne werk saam met die adverteerders om die insetsels saam te stel. Dit beteken mense met ervaring in die produksie van televisieprogramme hanteer die klankbaan, skryf die draaiboeke, behartig die redigering en meer. Die adverteerders hoef daarom nie ’n spesiale produksiespan aan te stel nie.

Televisiebemarking vir jou besigheid was nog nooit so maklik soos nou nie. Ons weet hoe belangrik jou onderneming vir jou is. Met Sakefokus as die hart van Ontbytsake weet ons ook dat die kykers met belangstelling die besigheidsinsetsels volg. Jy kan dus verseker wees dat die kykers voor die kassie vasgenael is wanneer jou besigheid bekendgestel word. Hierdie manier van televisiebemarking vir jou besigheid is dus meer effektief as advertensieflitse tussen programme. Die kykers sien en ervaar dit nie as advertensies nie want dit is nie advertensies nie; dit is inligting en dus waardevolle insetsels wat deel van ons program vorm.

Ons bied genoegsame verskeidenheid om te verseker dat kykers geïnteresseerd bly. Alles van kookwenke en landbounuus tot lekker gesels brokkies, ateljeegaste, politieke nuus, weer, sportnuus, ekonomiese besprekings, reisgenot en besigheidsfokus vorm deel van die program. Dit beteken dat hierdie vorm van televisiebemarking vir jou besigheid deel vorm van ’n program propvol lekker kykgenot. Ons het kredietwaardigheid en dus bied die televisiebemarking vir jou besigheid ook kredietwaardigheid vir jou onderneming.

Ons program word twee keer per naweek uitgesaai met herhalings van Sakefokus gedurende die week. As die kykers die program Saterdag misgeloop het, kan hul Sondagoggend daarna kyk. Jy het dus meer as een geleentheid om jou onderneming op ’n vindingryke manier bekend te stel. Beste van alles – dit is uiters bekostigbaar!

Net een so ’n uitsending is nodig om ’n groot hoeveelheid mense te bereik. Dink daaraan; jou besigheid is dalk op ’n klein dorpie geleë, maar jou klante is van oraloor. Een so uitsending beteken dat kykers regoor Suid-Afrika nou van jou dienste en produkte bewus raak en gebruik kan maak.

Natuurlik kan jy ook ’n gidsadvertensie op ons tuisblad lys en so die aanlyngemeenskap ook bereik. Moenie die geleentheid vir doelgerigte televisiebemarking vir jou besigheid misloop nie. Kom in aanraking met ons produksiespan om die wiel aan die rol te sit.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site