By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bemark op Ontbytsake en Kry Groter Blootstelling vir Jou Besigheid

Kompetisie is straf in byna enige bedryf. Of jy nou ’n gastehuis, kunswinkel, hardewarewinkel of meubelbesigheidseienaar is, jou besigheid moet op een of ander manier bemark word. Mondelinge bemarking is nog belangrik, maar jou besigheid kan vandag nie vinnig groei sonder die nodige blootstelling nie. Bemark op Ontbytsake en verkry sodoende die blootstelling wat jou besigheid ’n hupstoot kan gee.

Aanlyn Bemarking

Mense gebruik die Internet om goedere en dienste te vind. Inderdaad, gedrukte gidse en media word nou minder gebruik as die Internet wanneer dit by die opsporing van inligting, padaanwysings en diensverskaffers kom. Met ’n groot aantal mense in Suid-Afrika wat toegang tot die Internet vanaf hulle selfone het is dit ewe belangrik om op ’n webtuiste te adverteer wat ’n selfoonvriendelike uitleg het. Bemark by Ontbytsake op ons webtuiste en bereik só mense op die pad, in winkels en tuis wat vinnig na ’n spesifieke soort diens of produkverskaffer op soek is en dus die Internet gebruik om die inligting te bekom.

Bemark ook op Ontbytsake omdat dit kredietwaardigheid aan jou besigheid gee. Jou besigheid is dalk reeds jare lank aan die gang of jy het so pas die deure geopen. In laasgenoemde geval sal jy op webtuistes wat deur die gebruikers vertrou word wil bemark. En Ontbytsake is die antwoord.

Ons doen aanlyn bemarking, het ’n sterk sosiale mediateenwoordigheid en bied die gebruikers van ons webtuiste ’n groot verskeidenheid. Daarmee saam is ons bekendheid as televisieprogram ook tot ons adverteerders se voordeel. Besighede bemark op Ontbytsake want die teikenmark van die program maak ook van ons webwerf gebruik. Ons kredietwaardigheid as televisieprogram is daarom ook tot voordeel van ons aanlyn adverteerders.

Televisie Bemarking

Ons het ’n groot aantal kykers wat Saterdae en Sondae voor die kassie inskuif om meer aangaande onderwerpe soos landbounuus, sportnuus, weer, reisbrokkies en besighede van Suid-Afrika te leer. Ons stel Suid-Afrika en die land se streke en besighede bekend, bespreek ekonomiese aangeleenthede en gesels oor resepte. Dit is ’n program wat iets aan almal bied. Ons het ook gereeld gaste in die ateljee.

Ons produksiespan maak dit vir jou baie maklik om op Ontbytsake te bemark. Ons besoek jou besigheid, stel die inligtingstuk saam en doen die klankbaanversorging en redigering. In stede van ’n blote advertensieflits, stel ons jou besigheid as deel van die program bekend. Dit trek en hou die aandag van die kykers.

Wat is Volgende?

Gee jou besigheid die blootstelling wat dit nodig het. Bemark op Ontbytsake, hetsy dit in ons aanlyn gidsblaaie is of op die televisieprogram is.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site