By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sit Jou Besigheid in die Kollig met Bekostigbare Televisieblootstelling

Jy het pas duisende betaal om jou nuwe besigheid te begin. Dit sal nog etlike jare neem voordat dit goed gevestig is. Ongelukkig is daar talle ander besighede in dieselfde bedryf en is die veld uiters mededingend. Jy benodig iets om jou besigheid se handelsmerk in die mark te aktiveer om dit ’n hupstoot te gee. Jy moet so gou moontlik ’n indruk te maak.

Jy weet televisieblootstelling sal die nodige nasionale bekendstelling gee, maar jy het nie die kennis en produksiespan om ’n opname te maak nie. Saam met dit alles is daar ook die kwessie van bekostigbaarheid. In die verlede was advertensieflitse baie duur. Jy weet dat die regte tydgleuf gekies moet word om impak te maak, maar dit kos selfs meer.

Wat gemaak?

Die antwoord is om bekostigbare televisieblootstelling deur middel van ’n program wat reeds bekend is te verkry. Nie baie programme fokus op die sakegemeenskap nie en nog minder bied kykies na verskillende besighede. Dit voel asof jy terug is by die begin. Gelukkig is Ontbytsake die ideale program vir bekostigbare televisieblootstelling. Ons wil so ver gaan as om te sê dat al sou jou besigheid reeds jare bestaan en reeds bekend wees, dat bekostigbare televisieblootstelling op ons program jou steeds baie kan baat.

Hoe Dit Gedoen Word

Ons program word Saterdae en Sondae uitgesaai. Ons het ‘baie getroue kykers; die mense wat na Ontbytsake kyk, wil graag meer oor verskillende streke, dienste en besighede in die land weet. Hulle is dus positief en ontvanklik vir inligting oor jou besigheid. Die insetsel is nie bloot ’n advertensieflits nie. Dit is amper soos ’n klein program binne-in ’n groter program. Die eenmalige kyk na jou besigheid word op só manier gedoen dat dit die kyker se aandag trek en behou.

Ons het ’n ervare produksiespan wat deur die land reis op soek na inligting wat vir die kykers van belang is. Die samestelling van ons program is van só aard dat dit verskeidenheid bied. Ons bring altyd iets vars na die kassie en dit is hoekom kykers dit so geniet om Ontbytsake te kyk. Jou besigheid se bekendstelling word dus aandagtig gevolg en jy kan seker wees dat die naam en dienste onthou sal word. Jy gee ’n gesig aan die besigheid en bou vertroue by die kykers.

Natuurlik hoef jy nie bekommerd te wees oor die produksie van die insetsel nie; ons het die span daarvoor. Dit beteken jy kry bekostigbare televisieblootstelling vir jou besigheid en die goeie aanbieding wat nodig is om dit iets te maak om op trots te wees. Ons hanteer die draaiboek, verfilming, redigering, beligting, klankbaan en nog meer. Nou kan jy met groot en gevestigde handelsname meeding met ons bekostigbare televisieblootstelling. Jy kan ook by op webwerf gelys word en sodoende ook die aanlyn gebruiker bereik. Ons bied volledige gidse vir mense op soek na bedrywe en dienste in spesifieke industrieë.

Hetsy jy ’n nuwe trourokbesigheid geopen het of ’n pragtige vakansieoord, ons gee jou die geleentheid om deur bekostigbare televisieblootstelling jou besigheid se bemarking ’n stappie verder te kan neem. Gee ons gerus ‘n luitjie of stuur ‘n elektroniese boodskap en leer hoe ons jou besigheid in die kollig kan plaas, maak nie saak wat dit is nie.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site