By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Wat Televisiebemarking vir Nuwe Besighede kan Beteken

Nuwe besighede het bekendstelling nodig. Trouens, die aanvanklike bemarkingsveldtog van ’n nuwe besigheid kan baie duur wees. Tog is dit uiters belangrik om so vinnig moontlik ’n handelsmerk te ontwikkel. Televisiebemarking vir nuwe besighede maak dit moontlik om vanuit die staanspoor ’n besigheidsnaam in die gedagtes van verbruikers te plaas. Deur televisiebemarking vir nuwe besighede op ’n unieke wyse te doen gee ons nuwe besighede die geleentheid om voldoende inligting beskikbaar te stel sodat verbruikers ingeligte besluite kan neem.

Wat Ons televisiebemarking vir Nuwe Besighede Anders Maak

Advertering tussen programme of in die middel van programme volg gewoonlik die formaat van nuus- of advertensieflitse. Sulke bemarking is daarop gemik om te oortuig. Daar is nie genoegsame tyd om waardevolle inligting oor te dra nie en daarom kan slegs ’n enkele aspek aangeraak of ’n algemene bekendstelling gedoen word. Natuurlik is sulke advertensies ook belangrik en as hulle reg gedoen word, kan hulle ’n baie gunstige reaksie by die verbruikers uitlok.

Maar is daar dan nie ’n manier om deel van ’n bekende en baie kredietwaardige program te wees nie? So ’n program sou reeds ’n groot kykertal hê en bykans geen bekendstelling nodig hê nie. Daar is. Ons televisiebemarking vir nuwe besighede is in die vorm van inligtingsinsetsels. Ons produksiespan reis deur die land en stel besighede van belang aan kykers bekend. Ons besoek streke en bied spesifiek inligting aangaande ’n spesifieke streek aan die kykers. Die besighede word dus bemark, maar as deel van die reeds bekende Ontbytsakeprogram.

Voordele sluit in:

  • ’n Omvattende kykie na die betrokke besigheid.
  • Genoegsame tyd om belangrike aspekte uit te wys.
  • Tyd om vertroue by die kykers in te boesem.
  • ’n Video wat ook deel van die bemarker se sosiale media kan vorm.
  • ’n Relevante teikengroep word bereik.
  • Kykers beleef dit nie as advertensie nie en is daarom ook meer ontvanklik vir die boodskap.
  • Dit is bekostigbaar.
  • Die program word landswyd uitgesaai.
  • Bied kredietwaardigheid vir die nuwe besigheid.
  • Ons produksiespan hanteer die verfilming, draaiboek, klankbaanversorging en meer.

Met slegs een so ’n uitsending kan die nuwe besigheid onmiddellik aanklank vind in die betrokke bedryf en streek. Tesame met die insetsel kan mens ook advertensieflitse gebruik. Natuurlik sou dit minder effektief wees as ’n mens nie ook op die internet bemark nie en daarom bied ons ook die geleentheid om in ons industriegerigte gidse te adverteer.

Maak nou van die geleentheid gebruik om jou nuwe besigheid se bemarking ’n goeie grondslag te gee met bemarking wat bekostigbaar en uiters doeltreffend is. Kontak ons vir meer inligting.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site