By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Blootstelling vir Nuwe Besighede met Goeie Insetsels op Ontbytsake

Televisiebemarking, tesame met aanlyn blootstelling vir nuwe besighede, is meer bekostigbaar op Ontbytsake as wat die meeste besigheidseienaars miskien dink. Dit is so omdat Ontbytsake ook ’n sakefokus het. Ons gewilde oggendprogram word Saterdae en Sondae uitgesaai en ons het ook ’n webtuiste waar ons aflaaibare gidse bied, sowel as aanlyn bedryfspesifieke gidse. Hierdie gidse is waar uiters bekostigbare blootstelling vir nuwe besighede gegee word.

Die meeste mense soek vandag aanlyn na besighede wat in hulle spesifieke behoeftes kan voorsien. Mense soek onder meer na verskaffers van troukoeke, verblyf, toerusting, veevoer, vakansieplekke, tuingereedskap, en nog baie meer. Dit maak dus nie saak op watter bedryf die besigheid fokus nie, ons gidse maak dit maklik vir aanlyn gebruikers om dienste en produkte verskaffers op te spoor. Ons bied hierdie blootstelling vir nuwe besighede teen uiters bekostigbare pryse, juis omdat ons weet hoe belangrik bemarking vir groeiende besighede is en ook hoe belangrik dit is om uitgawes so laag moontlik te hou.

Wanneer dit by nasionale blootstelling vir nuwe besighede kom, is die televisieblootstelling ’n groot aanwins. Wat ons diens so besonders maak is dat ons produksiespan die samestelling van die insetsel vir die adverteerder behartig. Dit behels ’n indieptekykie na ’n betrokke deel van ’n besigheid of oorsig van die dienste en produkte wat verskaf word. Omdat elke insetsel noukeurig gekies word om deel te vorm van ’n betrokke deel van Ontbytsake waar ’n kykie na ’n streek gegee word is die insetsel 100% van pas vir die adverteerder se teikengroep.

Die adverteerder hoef nie self die opname saam te stel nie. Ons span doen dit. Dit sluit klankversorging, draaiboek en nog meer in. Die eindresultaat is ’n uiters treffende insetsel wat nie soos ’n advertensieflits voorkom nie. Dit is ’n inligtingstuk en dus iets wat die kykers graag wil sien. Dit is sulke insetsels wat ’n groot deel van Ontbytsake vorm.

Nuwe besighede wat sulke blootstelling op nasionale en plaaslike vlak verkry baat by die mediablootstelling. Dit is byna soos ’n groot hupstoot om ’n handelsnaam te aktiveer. Wat meer kan jy vra as om in Afrikaans aan die regte teikengroep bekend gestel te word?

As jy ook jou nuwe besigheid die nodige blootstelling wil gee, bied ons jou nou die geleentheid om op ons webtuiste se gids te lys en ook om nasionale blootstelling te kry deur ons produksiespan te kontak vir ’n opname van jou betrokke besigheid. Wys die kykers wat jou besigheid vir hulle kan doen. Skakel ons vir meer inligting.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site