By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Werk Televisiebemarking Nog in Suid-Afrika?

Is televisiebemarking enigsins die moeite werd? Dit is ’n vraag wat dikwels gevra word, veral omdat daar so baie kanale op die satelliettelevisie beskikbaar is. Die antwoord is egter steeds ja. Indien televisiebemarking reg benader word, bekostigbaar gemaak word en op die regte kanaal geskied, bied dit waardevolle nasionale blootstelling vir ’n besigheid. Natuurlik is daar etlike besighede wat reeds bemarking op televisie doen en kan jy dalk voel dat die mededinging nou al net te straf is. Die antwoord hier is dat jy die regte teikengroep moet teiken.

Ontbytsake bied jou so ’n geleentheid. Die verskil is dat dit nie ’n advertensieflits is nie, maar ’n inligtingstuk. Mense kyk na Ontbytsake omdat hulle inligting wil verkry oor besighede, die ekonomie, politieke sake, landbounuus, lekker kook, reiswenke en nog meer. Hulle is dus reeds ontvanklik en bereid om te kyk en te luister. Hulle weet jy adverteer nie. Hulle is bewus daarvan dat jy inligting aangaande jou besigheid bied. In stede daarvan om hulle te probeer oortuig om van jou produkte of dienste gebruik te maak, gee jy inligting.

Die kykers leer meer oor die oorsprong, visie en doel van jou besigheid. Hulle sien wie is aan die stuur en hoekom hulle jou besigheid sal ondersteun. Hulle sien ook waar jou besigheid bedrywig is en as hulle in daardie streek woonagtig is, het hulle nog meer rede om van jou dienste of produkte gebruik te maak. Dit is dus televisiebemarking met ’n fokus. Wat dit anders maak is dat dit nie ’n stoot advertensieflits is nie. Dit vorm deel van ’n program wat daarop gerig is om mense in te lig en jou insetsel het dus waarde vir die kykers.

Beteken dit dat advertensieflitse nie werk nie? Nee, glad nie. Advertensieflitse maak ’n belangrike deel uit van televisiebemarking en in die regte tydgleuwe met boodskappe wat aandag trek is sulke tipe flitse baie suksesvol. Wat ons jou bied is egter die geleentheid om deel te wees van ’n program met ’n groot kykertal.

Ons maak ook seker dat dit bekostigbaar vir jou is en jy kry boonop die geleentheid om aan die Afrikaanssprekende kyker spesifiek te bemark. Dit maak dit nog meer doeltreffend, omdat ons kykers hoofsaaklik Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners is. Die deursnitkyker is bietjie ouer en het reeds baie van hulle doelwitte in die lewe bereik. Hulle stel belang om meer van besighede, streke, reisgeleenthede en nog meer te wete te kom.

Moet jy slegs op televisiebemarking staatmaak? Die antwoord daarop is waarskynlik nee. Dit behoort saam met ander kanale van bemarking gebruik te word. Aanlyn gidsadvertensies is ook effektief. Mense gebruik die aanlyn media om besighede, dienste en produkte in hulle omgewing op te spoor. Omdat baie van ons kykers reeds bewus is van ons aanlyn gidse, word die gidse daarom ook baie gebruik. Dit beteken dat jy eenmalig jou besigheid in die kollig kan plaas op Ontbytsake en daarna dit in ons gids kan lys.

Televisiebemarking het dus baie waarde vir die bekendstelling van jou besigheid. Dit verleen ook kredietwaardigheid. Gebruik die volle voordeel van so ’n insetsel deur ook op ons webtuiste te lys.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site