By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Watertandlekker Resepte wat Almal Kan Maak

Wie hou nie van lekker eet nie? Smullekker kos is een van die groot plesiere in die lewe. Maar waar sal al hierdie lekker kos vandaan kom? ’n Mens kan beslis nie bekostig om elke dag uit te eet nie. En nie almal van ons is so gelukkig om ’n bobaaskok in ons huis te hê nie. Die antwoord is natuurlik om self jou eie feesmaal voor te berei. As jou eerste reaksie is dat jy nie kan kook nie, het kykNET se Ontbytsake nét die antwoord vir jou: ’n reuseversameling van die beste resepte – wat enigiemand kan maak. Probeer ’n bietjie een van ons resepte en verras jou vriende en familie (en jouself!) met jou nuutgevonde talent.

Hetsy jy ’n paar lekker peuselhappies wil maak, idees soek vir vinnige maaltye, of ’n feesmaal vir jou vriende en familie wil voorsit, ons het honderde resepte waaruit jy kan kies en keur. Ontbytsake se argief van resepte op ons webwerf strek sover terug as 2016. Boonop voeg ons elke week ’n nuwe Resep van die Week by – so ’n ietsie nuuts om jou verder te inspireer, en om te sorg dat jou idees nooit sal opraak nie.

Van tradisionele Afrikaanse disse tot moderne internasionale treffers – jy sal iets van alles in ons argiewe vind – en ons waarborg jou dat die resepte almal deeglik getoets is en sonder twyfel smullekker is. Boonop is die aanwysings prakties en duidelik, so jy kan vir seker weet dat jy dit maklik sal kan volg en héérlik saam kan kook.

Vir die vleiseters is daar verruklike vleisgeregte om van te kies: Bederf jou gesin met Turkselekker Skaaptjops, beïndruk jou vriende met romerige Sampioensop met Eksotiese Sampioene en Swartwoudham of dryf die koue weg met ’n smaaklike Biefstuk en Lim-pastei.

Is jy ’n vegetariër? Ons het ’n versameling indrukwekkende resepte vir jou … Smul aan ons Brie in Filo met Amandels en Bloubessie-rooiwynsous. Trek die aandag na die etenstafel met ons Paasfeeskoek met Ricotta, Spinasie en Eier. Of maak peuselhappies waaroor almal weke later nog sal praat met ons watertandlekker Bloukaas, Vye en Karamel Uietertjies.

Hierdie is maar net ’n paar voorbeelde uit honderde disse wat te vinde is op ons webwerf. Soos jy kan sien, is daar regtig resepte vir elke liewe smaak. So, hetsy jy inspirasie soek vir ’n paar nuwe idees vir jou tafel, ’n spesiale ete beplan, of slegs wil leer lekker kook, besoek Ontbytsake se webwerf, klik op Maak ’n Hap, en val weg. Maar wees gewaarsku: met soveel heerlike resepte om van te kies, mag jy dalk heeltemal benul van tyd verloor!


Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site