By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vind Inspirasie vir Jou Huis en Tuin

Dis weer daardie tyd van die jaar: die dae word langer, die son steek sy kop uit en die warmer weer is op pad (al voel dit nog nie aldag so nie). Dit is ook die tyd van die jaar wanneer die meeste van ons daaraan begin dink om ons huis en tuin op te kikker. Daar is min dinge so lekker as ’n woning met ’n paar nuwe, fraai byvoegings vir die somerseisoen. En met lente net om die draai, is dit ook die ideale tyd om buite om die huis skoon te maak en ’n paar nuwe plante te plant.

Maar waar begin jy? Skoonmaak is een ding, maar waar kom die inspirasie vandaan om iets nuuts te doen? En gaan dit in werklikheid uitwerk soos wat jy dit op die prentjie in jou kop sien? Jy het bes moontlik ’n paar idees nodig om jou skeppendheid aan te vuur en ’n paar praktiese wenke om jou aan die gang te kry. En kykNET se Ontbytsake het net die antwoord met ons uiters handige Huis en Tuin-sakegemeenskap.

Ons help jou om die moeite uit die huis en tuin se opknappings te haal. As jy na Ontbytsake se webwerf gaan en op Sakegemeenskap klik, sal jy ’n lys van opsies sien. Klik op Huis en Tuin en siedaar! Hier sal jy ’n handige lys van verskaffers vind om jou te help om jou droomwoning ’n werklikheid te maak.

Wat ook al jy soek, jy behoort hier ’n verskaffer te vind om jou by te staan. Wil jy ’n heining om jou huis laat opsit? Geen probleem. Soek jy ‘n nuwe swembadbedekker vir die komende somer? Sekerlik! En wat van die swembad self? Raak ontslae van neulende kinders en gun jouself die bederfie wat jy nog altyd wou hê met ’n splinternuwe swembad om in af te koel.

Of miskien het jou huis binne en/of buite ’n nuwe jas nodig? Kies uit ’n verskeidenheid professionele verwers om jou te help om jou woning soos nuut te laat lyk. Jy weet wat die Engelse sê: ’n verandering is so goed soos ’n vakansie, om sommer direk te parafraseer! Jy sal selfs verskaffers van gehalte beligting en duursame matte vind!

Ons Huis en Tuin-afdeling is natuurlik nie net bedoel vir diegene wat hulle wonings wil opknap of verander nie. Miskien wil jy slegs herstelwerk doen en het jy ’n kundige se helpende hand nodig. Op ons webwerf sal jy ook kontakbesonderhede vind vir onder meer loodgieters en elektrisiëns.

So, as jy op soek is na inspirasie, inligting of hulp, besoek gerus ons handige Huis en Tuin-afdeling. Voordat jy jou oë kan uitvee sal jy soveel nuwe projekte hê om jou mee besig te hou dat jou vriende binnekort nie eens meer jou huis sal herken nie!

Buiten ons lys van verskaffers vir jou huis en tuin se behoeftes, sal jy ook hordes ander verskaffers vind – almal vir jou gerief gerangskik volgens kategorie. Soek gerus deur ons ander afdelings ook, insluitend Reis en Verblyf, Landbou, Motorbedryf, Onderrig en Opleiding, Restaurante en Wynplase, en soveel meer.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site