By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Maklike Resepte Baan die Weg na Bobaaskookkuns

Kosmaak kan een van die lekkerste tydverdrywe wees. Jy kan skeppend met kleure en geure wees, nuwe smake ontdek, kosmaak net soos wat jy daarvan hou en dan die resultate met spesiale geselskap deel. Tog is so baie van ons huiwerig om ons hand te waag aan veel meer as ’n gebakte eier. Ander mense maak altyd lekkerder kos, nie waar nie? Wel, doen afstand van daardie idee. Dis tyd dat jy jouself bederf. Begin met ’n paar maklike resepte en ontdek die bobaaskok in jou.

Jy begin reeds met ’n groot voordeel: die Internet. Daar is ’n amper oneindigende hoeveelheid maklike resepte en selfs selfdoenvideos tot jou beskikking. Kyk spesifiek na ons smullekker resepte op ontbytsake.co.za. Klik op “Maak ’n Hap” en jy sal ’n skatkis van heerlike en maklike resepte vind vir elke smaak. Kies een wat jou mond laat water en val weg! Benader dit só:

1. Lees die hele resep. Voordat jy enigiets anders doen, lees eers die resep deeglik deur. Kyk uit vir goed soos:

  • Het jy al die bestanddele, of kan jy dit maklik genoeg in die hande kry?
  • Verstaan jy die mates van die bestanddele en het jy iets om dit mee af te meet indien nodig?
  • Verstaan jy die stappe wat jy moet doen? As daar terme is wat jy nie verstaan nie, soek hulle op.
  • Hoe lank gaan die voorbereiding neem? En die gaarmaak daarvan? Het jy genoeg tyd?
  • Hoeveel porsies lewer die resep?

2. Doen jou voorbereiding. Maklike resepte word selfs makliker as jy jou voorbereiding dééglik te doen. Hierdie stappe sal verseker dat jy kan fokus op die dis, eerder as om rond te soek vir wat volgende nodig is. Dit maak kosmaak ’n baie meer ontspanne aktiwiteit:

  • Kry al jou bestanddele bymekaar. (Maak seker alles is ontvries, indien nodig.).
  • Meet af wat afgemeet moet word sny wat gesny moet word. Jou bestanddele moet reg wees om in die pot, pan of bak te gaan.
  • Kry die regte kookgerei gereed – mengbakke, maatbekers, potte, panne – wat ook al jou resep benodig.
  • Voorverhit die oond indien die resep dit vereis.
  • Lees die resep wéér deur.

3. Volg die stappe noukeurig. Maklike resepte is gewoonlik maklik omdat hulle duidelike stappe en instruksies verskaf. Hoe meer jy kook, hoe meer natuurlik sal hierdie stappe vir jou wees. As jy egter nie seker is nie, maak net seker dat jy die resep stap vir stap volg. Oor die verloop van tyd sal jy die proses outomaties begin toepas.

4. Geniet dit. Leer wat jy kan deur maklike resepte aan te pak. Soos wat jy met die kookproses gemakliker raak, sal jy vind dat jy meer en meer kreatief word. Vervang byvoorbeeld sekere bestanddele met ander waarvan jy dalk meer hou en maak jou eie variasies van die disse. Die doelwit is tog om iets te skep wat mense geniet.

Noudat jy die stappe het om te volg, is dit tyd om jou vlerke te sprei. Gaan na ontbytsake.co.za, klik op “Maak ’n Hap” en kies jou gunstelinge uit ons beproefde maklike resepte. Daar is iets vir elke smaak en voorkeur en elke week ’n nuwe resep om te probeer.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site