By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Gratis Trougids vir die Moderne Bruid in Suid-Afrika

Hier by Ontbytsake weet ons dat die dag wanneer twee persone in die huwelik tree ‘n baie spesiale geleentheid is. Ons bied daarom aan egpaartjies die geleentheid om die beste onthaal ligging, trourokke en allerlei waardevolle dienste en produkte te vind.

Ons trougids is aflaaibaar onder die Sakegemeenskap kategorie en is propvol wenke, plekke waar jy ‘n romantiese wittebrood kan geniet en natuurlik inligting ook haarkappers, trourok ontwerpers en onthaalspesialiste.

Die trougids “Hier kom die bruid” bevat kort stukkies oor plekke soos Heaven’s Gate South Africa wat ‘n besonderse funksie-venue op die oewer van die Blesbokrivier bied. Met ‘n panoramiese uitsig oor die rivier en groot glasvensters, bied die elegante onthaalsaal ‘n pragplek om jou huweliksonthaal te hou. Jy kan ook van hulle ander dienste soos trourokke en draperings gebruik maak.

Cape St Francis Resort bied ‘n verskeidenheid van dienste en liggings vir die huwelikseremonie en onthaal aan. Of jy nou op die strand wil trou met jou onthaal in ‘n  tuin wat jou gaste sal bekoor of liefs in die tradisionele kerkie julle lewe saam wil begin met ‘n onthaal in “The Space”, die ervare onthaalspesialiste van die oord sal seker maak dat die geleentheid vlot verloop.

Winterton Country Lodge is net die plek vir ‘n romantiese landgoed troue aan die voet van die majestieuse Drakensbergreeks. Die onthaal ligging is verseker uniek en jy kan sommer jul wittebrood hier hou.

Gebruik die trougids ook om instansies te vind wat bekostigbare lenings verskaf sodat julle nes kan skop in ‘n pragwoning van julle eie. Natuurlik is ‘n troue nie net oor koek, kos en wyn nie maar behels ook musiek en vermaak.  Ervare plate joggies en beligtingspesialiste is te vinde in die gids o.a. die groep van Sonic State Productions wat die musiek van keuse speel en seker maak dat die atmosfeer net reg is vir heerlike feesviering.

Kry ‘n paar wenke aangaande oulike trou-idees en baat sommer ook by die vind van troubeplanners, organiseerders en onthaalmaatskappye. In kort, alles wat te doen het met troues kan in die trougids gevind word. So vergemaklik ons die beplanningsproses en spaar jou tyd en geld.
Ons bied ook die sakegemeenskap geleentheid om hulle dienste en produkte in die trougids te adverteer. Met ‘n groot leserstal en ons reputasie van kwaliteit bo kwantiteit, kan sakemanne en vroue verseker wees dat advertering in die trougids hulle saal baat.

Loer gerus onder ons Sakegemeenskap kategorie vir die trougids en ander gidse wat die lewe vir jou kan vergemaklik.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site