By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Akkommodasie Regoor Suid-Afrika en Mosambiek vir die Gesin en Egpare

Vind die beste akkommodasie vir gesinsnaweke en vakansies hier by Ontbytsake waar dit vir ons belangrik is om kwaliteit inligting vir ons lesers beskikbaar te maak. Hetsy jy beoog om in die Wes-Kaap, Gauteng of die Vrystaat tuis te gaan, jy sal nooit teleurgesteld wees in die verskeidenheid van akkommodasie nie.

As jy gastehuis akkommodasie naby die Coca-Cola Uitstallingsaal in Northgate, Fourways verlang dan is die Birch Tree Cottage die aangewese gastehuis. Die troeteldier-vriendelike omgewing en netjiese selfsorgeenhede is binne loopafstand van die Uitstallingsaal. Birch Tree Cottage het ‘n huislike atmosfeer. Dit bied ‘n ontbyt-hoekie waar koue en warm ontbyt bedien word en elke kamer het ‘n privaat badkamer, kroegyskas, koffie en tee geriewe asook ‘n groot skerm televisie.

Vir akkommodasie in ons buurstaat Mosambiek kan ons die Castelo do Mar aanbeveel. Met nie minder as 18 stylvolle kamers wat elkeen lugverkoeling en vol badkamers insluit, is die Castelo do Mar net die plek om bietjie rus en vrede te geniet. Jy het ook toegang tot die biblioteek en met drie maaltye per dag ingesluit kan jy verseker wees dat jy die beste ontvangs kan verwag. Aktitiweite soos snorkel, roei, duik en visvang word ook aangebied.

Mosambiek is ‘n gewilde toeriste bestemming, veral as visvang ‘n prioriteit is. Castelo do Mar bied wonderbaarlike visvang pakkette aan soos onder meer die geleentheid om saam met Springbok visserman Neil Gouws diepsee visvang te geniet. Die bote is uiters goed toegerus met GPS, radar, stoele, visstokke en lewende aas.

Die L’anda Bed & Breakfast gastewoning in Middelburg is natuurlik ook hoog op die lys vir gerieflike en netjiese gastehuise waar jy kan tuis gaan. Die gastehuis is sentraal geleë en bied 4-Ster akkommodasie, wat ontbyt en aandete insluit, aan.

As jy die natuurskoon van die Laeveld waardeer dan stel ons voor jy bepreek verblyf by die Floreat Riverside Lodge op die oewer van die Sabierivier naby die pragtige Sabie dorpie. Omring met woude en berge kan jy terugsit en net die lewe weer ten volle geniet. Daar is verskeie watervalle in die omgewing en dan ook die Panorama Roete om te waardeer.

Bush Lodge Properties bied legendariese bos en safari eiendomme vir die toeris wat besonderse naweekwegbreke wil beleef. Vakansieverblyf is beskikbaar in luukse privaatwonings binne die Mabalingwe Natuurreservaat waar jy die Groot Vyf van die wildtuin kan sien. Die eiendomme beskik oor satelliet televisie, swembaddens, borrelbaddens, braai en ontspanningsgeriewe en sluit linne en handdoeke in.

Hierdie en nog talle ander akkommodasie geleenthede word op ons webtuiste onder die reisafdeling bespreek. Loer gerus en bespreek jou volgende vakansie by een van die luukse gastewonings en hotelle.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site