By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Tim du Plessis – Ons Nuuskenner by Ontbytsake

Tim du Plessis het sy joernalistieke loopbaan in 1976 begin en het uiteindelik die pos van redakteur by die Beeld, ‘n nasionale Afrikaanse nuusblad beklee. Voor dit was hy redakteur van die Sondagkoerant Rapport vir ongeveer agt jaar en was ook redakteur van die koerant The Citizen vir 15 maande.

Tim het sy studies by die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) in 1974 begin. Hy het sy B.A. Kommunikasiekunde graad in 1976 verwerf en het as verslaggewer by die Beeld begin werk. Hy sou later sy Honneursgraad in Joernalistiek by die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Tim het verskeie poste by die Beeld beklee wat onder meer politieke korrespondensie vanaf 1981 tot 1989 insluit.  As ‘n man wat honger is vir kennis het hy vervolvens by die Harvard Universiteit in die VSA as ‘n “Nieman Fellow” gestudeer. 

Hy is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redaksie Forum en Voorsitter van die Nieman Fund Trust of Southern Africa.  Du Plessis is ‘n bekende televisiepersoonlikheid veral vir sy insig aangaande politieke en sosiale sake van die dag.

Tim het kort voor sy sestigste verjaarsdag as Hoof van Media24 se Afrikaanse koerante uitgetree en by die KykNet gemeenskap aangesluit waar hy vandag nog ‘n belangrike rol veral by Ontbytsake span beklee.  Die meeste van sy werk is voor die kamera waar hy die belangrikste nuusgebeure bespreek. Sy Saterdagoggende word gevul deur politieke en nuusgesprekke saam met Dawie Roodt. Tim hou van die uitdagings wat saam met inhoudsontwikkeling gaan en kykers waardeer sy skerp sin vir humor.

Tim glo dat die Afrikaanse koerante verskeie uitdagings te bowe moet kom om vandag nog relevant te wees. Rugby alleen kan nie meer die leserstal trek nie en dis waarom verandering in die koerante nodig was.

As jy daarvan hou om meer van die sake van die dag te leer en nie tevrede is met oppervlakkige besprekings van die politiese en ekonomiese gebeure nie dan moet jy Saterdagoggende by Ontbytsake inloer vir lekker in-diepte besprekings. Tim is nie iemand wat terugstaan vir enige politieke analis nie. Sy ervaring in politieke joernalistiek en nuusberrigewing help hom om die fynere punte wat ander miskyk raak te sien. Dit is hierdie oog vir besonderhede en jarelange redaksie ondervinding wat sy oggend kuiertjies so opwindend en beslis waardevol maak.

Tim het ‘n loopbaan van 38 jaar in joernalistiek verruil vir die opwindende Ontbytsake span. Dit is egter nie net Tim du Plessis wat kykers beïndruk nie. Ons hele span se bydrae sorg vir heerlike kyktyd. Moenie jou Saterdag begin sonder om eers voor die kassie in te skuif en so bietjie meer te leer van wat agter nie skerms in die politiek gebeur nie. As dit nie genoegsame rede is om so vroeg op te staan nie , dink dan ook aan die smullekker resepte wat gedeel word, die weerberigte en reisgidse.  Ons glo daaraan dat ons kykers elke oomblik moet geniet en daarom dan ook hoekom Tim du Plessis so ‘n belangrike rol vertolk.

Jy kan natuurlik ook ons webtuiste en Facebook blad vir nog so bietjie nuus en wenke besoek.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site