By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Reisgids vir Akkommodasie in Suid-Afrika

Suid-Afrika is een van die mooiste lande in die wêreld en met ‘n groot verseidenheid besienswaardighede kan mens nie anders as om deur die land te wil reis nie. Ongelukkig is dit nie altyd moontlik om met lang vakansies te gaan nie weens werksdruk, finansiële verpligtinge en familiesake. Daarom dan dat dit so noodsaaklik is om so nou en dan ‘n naweek af te staan vir bietjie ontspan en dit is waaroor die aflaaibare en gratis Ontbytsake Reisgids gaan.

Ons bied jou die geleentheid om sommer heelwat naweekwegbreek-oorde en hotelle op te spoor, afslag op reistariewe te geniet, motorverhuringsmaatskappye op te spoor en plekkies te vind waar jy so bietjie wil ontspan. Hetsy jy op jou eie wil reis, ‘n luukse en romantiese bosveld hotel soek vir julle huweliksherdenking of dalk bietjie avontuurlustig is en ‘n bergfietsroete wil vind, ons bring al die inligting bymekaar sodat jy minder soekwerk het.

Sommige van die adverteerders in die Reisgids word kortliks hieronder bekendgestel. Laai die tydskrif af om die inligting altyd beskikbaar te hê.

Saffron Gastehuis

As jy dalk in die hartjie van Johannesburg se akademiese wêreld vir ‘n konferensie of kursus moet tuisgaan dan wil jy beslis dit by die Saffron Gastehuis doen. Die gastewoning is in die welbekende Melville naby die Universiteit van Johannesburg en Universiteit van Witwatersrand geleë en bied jou stylvolle en ruim akkommodasie in ‘n stil omgewing aan. Jy sal die volledige ontbyte wat by die Cafe de la Crème ingesluit is uiters smaaklik vind. Terwyl jy by die gastewoning tuisgaan kan jy ook van hul toerbeplanning vir Soweto toere en om ander besienswaardighede in Johannesburg te besoek, gebruik maak.

Christine van Wyk Toere

As jy gereed is om jou vlerke so bietjie te versprei maak gebruik van Christine van Wyk Toere om die buiteland te besoek. Gehaltetoere word aangebied en reeds duisende Suid-Afrikaners het al hulle plaaslike vakansies vir onvergeetlike buitelandse vakansies onder die leiding van die ervare toergroep verruil.

Walkersons Country Hotel & Spa

Mapumalanga is beslis een die van die gewilde vakansie bestemmings in die land en as jy die provinsie in styl wil beleef stel ons voor jy begin by die Walkersons Country Hotel & Spa. Die hotel is in die Dullstroom omgewing geleë en bied ruim en luukse akkomadiese geriewe. Dullstroom is natuurlik ook vir visvanggeleenthede, klein winkeltjies, talle restaurante en staproetes bekend.

Misty Waters Lala Lapa

Geniet privaatheid en lekker kuiergeriewe in die Belfast omgewing in hierdie gastewoning. Vier groot selfsorgeenhede wat stylvol toegerus is word aan besoekers beskikbaar gestel. Ontbyt word by die hoofhuis bedien. Terwyl jy by die pragplek woonagtig is kan jy ‘n paar van die naby geleë plekkies soos die mes-studio Heaven’s Forge waar ‘n uitgebreide versameling van handgemaakte messe te koop aangebied word, besoek.

Reynekepark

Ons reisgids bied ook die geleentheid om oornagslaapplekke soos die 3-ster Reynekepark in die Vrystaat op te spoor. Dit is net die plek om so bietjie te rus as jy na Kaapstad op pad is. Netjiese selfsorgeenhede en goeie sekuriteit word gebied.

Talle ander akkommodasie plekke in al nege ons provinsies word in meer besonderhede in die Reisgids bespreek. Kontak ons om jou besigheid hierin te adverteer en moenie vergeet om die Reisgids gereeld te gebruik nie.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site