By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Namibië Besighede en Ander Webgidse vir Jou Gebruik

Ontbytsake is die program wat jou ingelig hou oor die wêreld en gemeenskappe om jou. Dit is daarom dan ook die rede vir  die gidse by ons webwerf. Een so ‘n gids is die reisgids waar plaaslike Namibië besighede die geleentheid kry om hulle dienste aan lesers bekend te stel.

Wat ons gidse so bruikbaar maak is die aflaaibaarheid daarvan. Ons verstaan dat jy nie telkens aanlyn wil gaan om inligting te verkry nie, veral nie as jy ver van die samelewing is nie. Met die gids oor vakansie en reis maak ons dit vir jou maklik om die inligting byderhand te hê. Laai dit vandag af en druk dit uit of hou dit op jou rekenaar. Jy sal die reis en vakansie gidse propvol wenke en inligting vind ook aangaande Namibië besighede.

Ander gidse wat jy ook die moeite werd sal vind en waarin Namibië besighede dikwels adverteer word kortliks hieronder bespreek.

Buitelewe

Dit is die gids om te lees as jy moeg vir kragonderbrekings is en die stad se gewoel net te veel raak. Die gids bevat allerlei buitelewe en avontuurwenke asook inligting oor plekke waarheen jy kan gaan om te ontspan en aktiwiteite wat in die buitelug geniet kan word.

Eiendom en Ontwikkelingsgids

As jy indiepte inligting aangaande eiendom wil verkry en jou droom eiendom wil vind moet jy nie die gids misloop nie. Dit bevat wenke oor die koop en verkoop van eiendom en verduidelik die hele oordragsproses. Namibië besighede word uitgenooi om ook in die gids te adverteer.

Hier Kom die Bruid

Beplan jy om binnekort in die huwelik te tree of miskien is dit jou dogter se plan en is jy betrokke by die beplanning van die troue? Dit is dan die gids om af te laai. Kry waardevolle wenke oor trourokke kies, die keuse van ring en allerlei. Vind ook die musikante, onthaalsale, hotelle, vervoer en onthaalmaatskappye wat die nodige dienste en produkte bied.

Huis en Tuingids

Getrou aan ons doel om volledige en bruikbare inligting aan lesers beskikbaar te stel, bied ons jou die gids wat jou sal help om jou huis in ‘n pragplek te omskep. Die gids bevat nutsman en tuinbou wenke en inligting aangaande ‘n hele aantal besighede ook van Namibië wat verwante dienste en produkte lewer.

Motor en Kommersiële Voertuie Gids

Vind die motor wat jou sak en styl pas of vind besighede wat kommersiële voertuie verkoop  en instansies wat finansiering bied in die bruikbare gids wat ook vol wenke oor die koop en verkoop van voertuie in Suid-Afrika is.

Onderrig en Opleiding

Vandag meer as ooit moet ouers aandag aan die keuse van skool gee en moet besluit of hulle tuis of formele skool onderrig wil doen. Die gidse bevat inligting aangaande ekstra Wiskunde, Engels en Afrikaanse onderrig, arbeidsterapeute, sielkundiges, boekhandelaars, skole en nog vele meer. Van kleuterskole tot universiteite word gedek en ook hier adverteer Namibië besighede.

Partytjiegids

Beplan jy ‘n verjaarsdagpartytjie vir jou seun wat 12 word, jou kind wat 18 word of jou eie 50ste verjaarsdagpartytjie? Bederf jou gaste met die beste wyne en verversings. Die gids bevat inligting oor vele besighede wat kostuums uithuur, wyn verskaf, onthaalhulp bied, plekke vir onthaal bied en sommer nog baie dienste lewer.

Laai die gidse af en vind die dienste en produkte wat jy benodig.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site