By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Dawie Roodt as Aanbieder van Sakefokus op kykNET

Dawie Roodt is Ontbytsake se eie ekonoom. Lesers en kykers waardeer sy kundigheid aangaande ekonomiese sake. Dawie word ook baie in die media vir sy opinies oor onderwerpe soos die petrolprys, kragonderbrekings en beleggings aangehaal.

Dit is egter nie net sy kundigheid wat hom nuuswaardig maak nie. Dit blyk asof sy persoonlike lewe ook gereeld beskou word deur gewilde tydskrifte soos die SARIE wat ‘n artikel oor Dawie se huwelik met die pragtige Russies Marina Roodt gedoen het. Sy was tevore Marina Levoshenia en as dit by beeldskoonheid kom, sal jy moet saamstem dat sy beslis die kroon vat. Hulle het deur die Internet ontmoet en as jy gewonder het of dit moontlik is om jou geliefde so te ontmoet, kan jy maar net na Dawie en Marina kyk en weet dat dit beslis moontlik is.

Dawie Roodt is ‘n Pretorianer, woonagtig op ‘n rustige here landgoed wat ‘n kenmerkende Franse styl betoon. As hy nie ekonoom is nie dan geniet hy die rustige landgoed lewe andersins hou ons hom hier by Ontbytsake besig.

Wie is Dawie Roodt Nou Eintlik?

Hy is ons aanbieder van Sakefokus, die program wat kykers die geleentheid bied om insig aangaande alle aspekte van die Suid-Afrikaanse ekonomie, persoonlike finansies en beleggings te verkry. Alhoewel meeste kykers hom net as Dawie Roodt ken is sy volle name eintlik Dawid Daniel Roodt.

Maar hy is nie net ‘n aanbieder nie. Dawie se kredietwaardigheid as ekonomiese kenner kom ook van sy posisie as Voorsitter van Efficient Financial Services en rol as hoof ekonoom by Efficient Group Ltd. weens sy werksaamhede in die sakewêreld het Dawie ook ‘n uitgegreide netwerk van ekonomiese kundiges in sy kontakgroep.

Hy was voorheen ook ekonoom by die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank en was ekonomiese redakteur van ‘n vooraanstaande Suid-Afrikaanse finansiële tydskrif. Mens word nie sommer so in sulke posisies aangestel sonder die nodige kwalifikasies nie en ook hier stel hy nie teleur nie. Dawie het sy Meestersgraad in Ekonomie met lof verwerf en het sy eerste boek oor belasting in 2015 uitgegee. Met ekonomiese ervaring wat oor 20 jaar strek is hy beslis die aangewese persoon om Sakefokus aan te bied.

Kwalifikasies, ervaring en kundigheid is egter nie genoeg om kykers se belangstelling te hou nie, maar gelukkig het Dawie die ‘n persoonlikheid wat mense aantrek. Daarom dan dat kykers nie kan wag om na sy praatjies te luister nie.

Moenie Dawie Roodt misloop nie. Skakel by Ontbytsake se Sakefokus op Dinsdae vanaf 13h00 tot 14h00 vir sy aanbieding in.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site