By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Landbou – Adverteerders en Inligting vir Boere

As kleinhoewe eienaar, organiese stadsboer of kommersiële boer benodig jy inligting aangaande:

  • Implemente
  • Veevoer
  • Sonpanele
  • Kragopwekkers
  • Trekkers en plaasvoertuie
  • Gras en aangeplante wyding
  • Melkerytoerusting
  • Dieresitters
  • Plaasbestuurders
  • Drade
  • Boumateriaal
  • Elektriese heinings
  • Kragtoebehore
  • Nette
  • Water
  • Lewende hawe
  • Markte
  • Sade
  • Insekbestryding
  • Sekuriteit

Allerlei sulke inligting word in ons landbou-gids gelys. In hierdie gids adverteer besighede en boere wat produkte en dienste in die landbou bedryf bied. Die gids bevat ook wenke en in-diepte besprekings van belangrike onderwerpe met betrekking tot landbou-aktiwiteite. Enkele van die adverteerders in ons landbou afdeling word kortliks hieronder ingelei om jou ‘n oorsig te bied van die soort inligting wat jy onder die landbou gedeelte en in die gids kan verwag.

Spekboomberg Boerdery

Andrew Jordaan en Seuns boer al vir verskeie geslagte met Merino skape. Hulle landgoed is sowat 20 km noord van Cradock geleë en die familie is vir hulle prestasies in die stoetbedryf bekend. Hulle  boerdery lewer 40% wol en 60% vleis en met hulle nuwerwetse tegnologie tesame met hulle jarelange kundigheid is hulle daartoe in staat om ‘n werklik gebalanseerde boerdery te bestuur. Indien jy opsoek is na topgehalte diere, wees op die uitkyk vir die Spekboomberg Boerdery skape by die volgende veiling wat jy bywoon.

Van Zyls Staalwerke

Goeie plaasimplemente vorm ‘n belangrike deel van enige suksesvolle boerdery. Die Van Zyls Staalwerke is ‘n besigheid wat reeds vanaf 1982 implemente van hoogstaande gehalte aan boere dwarsdeur Suid-Afrika lewer. Moenie met sub-gehalte implemente jou plaaswerk probeer aanpak nie. Koop vanaf Van Zyls Staalwerke en baat uit hulle gehalte, goeie pryse en duursame produkte.

Sonfin

Boere moet vandag na alternatiewe maniere van kragopwekking kyk. Gelukkig is daar maatskappye soos Sonfin wat reeds vier jaar gelede begin het om voorsiening te maak vir moontlike grootskaalse elekrisiteitsprobleme. Die maatskappy installeer sonkragstelsels vir boere wat krag weer op die Eskom netwerk terugplaas. Hulle help die boere om daarom 0% krag verbruik van Eskom te kry. Met direkte kontak met Eskom kan Sonfin seker maak dat die boere eers amptelike goedkeuring verkry om Sonfin stelsels te laat installeer. Sonfin werk saam die finansiële instellings sodat die boere die nodige finansiering kan kry vir die projekte wat weer positiewe kontantvloei vir die boere beteken.

SA Boerboktelersvereniging

Suid-Afrikaanse telers en die Boerboktelergenootskap op Aliwal-Noord het saam gewerk om die SA Boerbok te ontwikkel en te vervolmaak met die hoofdoel om vleis aan die informele markte te voorsien. Die funksies van die vereniging sluit onder meer in om veilings en skoue te hou, kursusse aan te bied en inspeksiedienste te lewer.

ECS Industries

‘n Groot leemte in kleinveeproduksie was voorheen die gebrek aan meganiese hulpmiddels om vee te hanteer. Eienaar van ECS Industries in Burgersdorp geleë, JC Viljoen, het die leemte raakgesien en daartoe gelei dat daar vandag in Suid-Afrika, gevorderde toerusting vir die doel is. Dit het gehelp om die arbeidskoste in terme van kleinvee-hantering te verminder en die effektiewe bestuur van die produksie te verbeter.

Sulke waardevolle inligting is by ons Landbou afdeling aanlyn beskikbaar en ons nooi jou uit om ook jou dienste en produkte met betrekking tot landbou in Suid-Afrika hier te lys.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site