By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Soek en Vind Akkommodasie in Mosambiek wat Jou Sak en Smaak Pas

Hier by Ontbytsake weet ons mos dat ons kykers graag deur die land wil rondrits en maak dit so maklik as moontlik om gepaste akkommodasie te vind. Jy is natuurlik ook welkom om jou oord, gastewoning of wildsplaas hier te adverteer.

Ons stel so paar van die plekke in Mosambiek bekend maar stel voor dat jy self ook so bietjie na die ander akkommodasie geleenthede kyk om iets te vind wat jou besonderse smaak en sak pas. Kampeerplekke, hotelle, gastewonings en oorde van regoor die land asook Mosambiek en Namibië word onder die akkommodasie afdeling gelys.

Bayview Lodge

As jy nou ‘n ware juweel in die bos soek dan is dit die Bayview Lodge waar toeriste lekker gesels in die Green Turtle kroeg en smul aan watertand lekker geregte in die restaurant. Akkommodasie word in  ruim en netjiese selfsorgeenhede verskaf.

Coco Rico

Die oord is sowat 600 km vanaf Johannesburg en slegs 400 km vanaf Durban geleë en ‘n ware paradys in die suide van Mosambiek. Dis by Ponta D'Ouro wat ‘n gewilde toeriste gebied is, geleë. Bykans alle moontlike geriewe wat jy kan benodig is tot jou beskikking of binne loopafstand. Dis ‘n lewendige en lekker kuierplek vir families, vriende en duikers. Van die geriewe wat in die oord beskikbaar is sluit in ‘n gesellige kroeg, speletjieskamer, konferensiesaal, karwas, swembad en klimraam. Daar is natuurlik baie ander geriewe wat jy op hulle webtuiste meer van kan leer.

Cumbini Oord

Dis ‘n pragtige oord wat akkommodasie in selfsorgeenhede bied. Die omgewing is rustig en baie veilig. Jy kan in die sprankelende blou swembad afkoel, die lyne natmaak, jou branderplankvaardighede toets, net rustig ontspan of bietjie in die restaurant kuier. Die oord wat in die Guinjata Baai van die Inhambane provinsie geleë is bied ‘n droom omgewing vir watersportliefhebbers. Dit het sy eie strand en jy sal voel of jy in ‘n paradys is met die 500 palmbome wat in die oord pronk.

Paindane

As jy op die strand wil vakansie hou dan moet jy nie die geleentheid om by Paindane tuis te gaan misloop nie. Die oord bied selfsorgeenhede, kampering, casitas en baraccas aan. Die Paindane rif is een van die gewildste duik en snorkel plekke aan die Afrika kusgebied en binne loopafstand van die hoofkamp. Dit is ‘n visparadys en jy kan tot tuna in die omliggende waters vang.  Dit is ook ‘n gewilde branderplankstrand en die plek om te besoek as jy van ure se snorkel hou.

Serenity

Soos die naam lui is dit ‘n plek waar jy kan rus en net weer jou dieper self ontdek. Met kabbelende water oor ‘n rotswaterval en ‘n prag swembad, bied Serenity ‘n luilekker bestaan langs die Bilene Lagoon. Ruim en gemaklike akkommodasie word in selfsorgeenhede gebied. Die oord is sowat 180 km noord van Maputu en naby Nhabanga geleë. Dit is gemaklik, bekostigbaar en luuks.

Bogenoemde plekke is soos genoem, net enkele van die oorde wat Mosambiek so gewilde toeriste bestemming maak. Besoek ons akkommodasie afdeling vir nog plekke.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site