By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vind Bekostigbare en Netjiese Namibië Akkommodasie by Ontbytsake se Webtuiste

Dis nie die maklikste ding om goeie vakansie of oornagverblyf sommer so op te spoor nie en veral nie as jy ‘n plekkie soek wat luuks, netjies en bekostigbaar moet wees nie. Al gons die internet van toeriste plekke ontbreek die belangrikste inligting al te dikwels.

Hier by Ontbytsake weet ons dat jy soms net nie die tyd het om tot vervelens toe deur tydskrifte te blaai of webtuiste na webtuiste te deursoek op soek na die perfekte Namibië akkommodasie nie. Dis hoekom ons dit so maklik moontlik vir ons webtuiste gebruikers maak.

Ons het ‘n lekker maklike soek fasiliteit onder die akkommodasie afdeling waar jy eerstens die land en dan die provinsie kies waar jy wil tuisgaan. Al die beskikbare verblyf in die besonderse gebied word vir jou bekendgestel. Jy kan dan net die een wat jou die meeste geval kies en jy sal dan deurgaan na die besonderse webtuiste as daar een is. Gelukkig kom al die inskrywings klaar met die nodige inligting en kontakbesonderhede.

Lys jou oord

As jy graag jou akkommodasie aan ons gebruikers wil bekendstel dan is daar nie ‘n beter plek as Ontbytsake se webtuiste nie. Ons het ‘n groot gevolg en ons gebruikers weet dat as hulle vinnig ‘n oorsig wil verkry van goeie vakansieoorde, gaste-wonings en wildsplase of kampeerterreine dan kan hulle dit sommer hier by ons doen. Die beste van alles is dat ons die diens gratis aanbied.

Net om jou ‘n idee te gee van watter spogplekke hier lys bespreek ons een van die nuutste inskrywings hieronder.

Malyo Wilderness Camp

Die oord is op die rivierwal van die Kwando Rivier in Namibië geleë en dit verskaf bekostigbare kampeergeriewe aan reisigers deur ons buurland. Opelug vierwielaangedrewe en avontuurlustige reisigers besoek gereeld die Caprivi strook waar hulle die pragtige landskap kan indrink sonder om teen tyd te jaag.

Dit is hier by die Malyo Wilderness Kamp waar jy die geleentheid kry om af te pak en dan so bietjie by die Lisauli Tradisionele Gemeenskap net noord van die kamp te gaan inloer. Dit is beslis ‘n kulturele kuiertjie wat jy nie moet misloop as jy graag meer oor die Mafwe en Mbukushu mense wil leer nie. Hulle sal jou met hulle tradisionele musiekinstrumente vermaak en jy kan selfs ‘n paar geskenkies by die plaaslike geskenkwinkel koop.

Akkommodasie by Malyo is in die vorm van tent-rondawels wat met twee driekwart beddens toegerus is. As jy eerder wil kampeer of graag in jou karavaan wil slaap sal jy die pragtige kampeerterrein baie geniet. Neem kennis dat die kamp nie oor enige vrieskas geriewe beskik nie maar wel warm storte kan bied. Daar het jy dit nou – ‘n kampeerplek vir die reisiger deur die woestyn!

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site