By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Namibië Akkommodasie vir die Vier-wiel Entoesias

As jy daaraan dink om bietjie ons buurland Namibië te besoek is dit ook ‘n goeie idee om solank akkommodasie as deel van jou reisplanne te bespreek. Dit is ‘n uitgestrekte land wat vir baie natuurwonders en die ongewone, maar uiters pragtige woestyn landskap wat oor ‘n groot deel van die land strek, bekend is.

Malayo Wilderness Camp is een van die oornag en kampeerplekke wat jy gerus kan besoek. Geleë op die Kwando Rivier se oewer by een van die permanente kanale, bied hierdie besonderse kampeerplek ‘n welkome beskutting teen die ongenadige Afrika son en woestyn hitte. Dis ‘n besonderse oord waar jy ander mede-toeriste sal raakloop en ure om die nag vuur kan verwyl terwyl julle oor julle vele natuurontdekkings kan gesels.

Akkommodasie

Die beskikbare akkommodasie is in permanente tente wat elk met twee driekwart beddens toegerus is. Hierdie tente is baie gewild nie net omdat dit die safari gevoel bied nie, maar jou ook die luukshede waaraan jy gewoond is offer. Die oord laat enige tipe tent of karavaan by die gewone staanplekke toe. Daar is egter nie vries geriewe nie so bring maar ‘n gas yskassie saam of maak seker jy het ‘n koelbak. Malyo bied wel skoon, oop en warm stortgeriewe wat heel gepas vir die 4x4 omgewing is aan. Ligte vir die storte en toilette word verskaf maar word laat saans afgesit. Neem ‘n flitslig saam as jy laatnag die badkamer wil besoek.

Plekke om te Besoek

Die Lizauli Tradisionele Gemeenskap is net noord van Malyo geleë en ‘n besoek word aanbeveel as jy so bietjie meer oor die tradisionele leefwyses van die Mbukushu en Mafwe gemeenskappe wil leer. Die tradisionele musiek en danse sorg vir pure genot en jy sal beslis die foto geleenthede wil benut. Onthou om ook ‘n kleinood by die geskenkwinkel aan te skaf.

Ander Aktiwiteite

Kampeerders by die Malayo Wilderness Camp verkry die geleentheid om hulle vislyne volgens die vang-en-los regulasies nat te maak. Die rivier is die tuiste van verskeie vissoorte soos die tiervis en Nembwe. As dit binne jou avontuursmaak val, bespreek ‘n rit op die Malayo kragboot en kyk of jy dalk ‘n grote vir ‘n spogfoto kan uittrek.

Malayo is in die Kaprivi-strook, wat redelik noord in Namibië is, geleë. Jy sal daarom die voorreg hê om ‘n baie unieke landskap te aanskou en sal baie wild langs die rivierkanale sien wei. Jy kan ook besoek by die Bwabwata Nasionale Park of die Mudume Reservaat aflê waar olifante ‘n aanskoulike prentjie maak. Die Mudumu Reservaat is ‘n self-bestuur gebied en jy sal daarom die reservaat op jou tyd kan deurry en soveel keer as wat jy wil kan stop om leeus en ander wilde diere te beskou. Mudumu is slegs ‘n paar minute se ry vanaf Malyo en dus die perfekte reservaat om daagliks te besoek.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site